Contract
Bylaag 1
Xxxxxxxxxx rakende die bedryf van die Getuienisbedieninge tussen die Verenigende Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika Kaapland (VGK Kaapland), Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika (Xxx - en Suid-Kaapland) (NGKSA) en Reformed Church in Africa (RCA) op grond van die NGK (Reglement 6:5 van die Kerkorde 2004) en die tussentydse ooreenkomsdokument (Interim Agreement) wat deur die RCA (2002) en die VGK Algemene Sinode (2005) aanvaar is.
AANLOOP
As xxxx van die proses vir die hereniging van die Verenigende Gereformeerde Kerk in Suid Afrika, Nederduitse Gereformeerde Kerk (NGK), Reformed Church in Africa (RCA) en die NG Kerk in Afrika (NGKA) is die getuieniswerk van die VGK Kaapland, NGK in SA (Wes - en Suid Kaapland) en RCA reeds sedert 1991 saamgevoeg in een aksie onder beheer van ’n gesamentlike kommissie bekend as die Kommissie vir Getuienisaksie (KGA).
Vir hierdie doel het die Kerke reeds ‘n reglement goedgekeur op grondslag waarvan die KGA sy rol as ‘n eenheidskommissie vervul en sy funksies van bestuur en praktyk uitvoer binne en buite die Xxx- en Suid-Kaap
In die uitvoering van sy taak gebruik die KGA die personeel wat deur die drie Kerke onderskeidelik aangestel, besoldig en beskikbaar gestel is.
As ‘n verdere stap in die voortgaande proses van kerkhereniging wil die Kerke dit vir die KGA moontlik maak om sy taak meer doeltreffend uit te voer deur die bevoegdhede van die KGA uit xx xxxx om daarvoor voorsiening xx xxxx dat die KGA met volmag beklee self namens die Kerke die rol van werkgewer van sy personeel kan vervul en sy taak en opdragte selfstandig kan uitvoer.
Die Xxxxx xxxx in die oorname van die verskillende dienskontrakte deur die KGA ten behoewe van die Kerke die geleentheid om eenvormigheid te bring in die plek van die verskeidenheid terme en bepalinge van die verskillende dienskontrakte wat tans geld. Die drie kerke is van oordeel dat die oordrag van die personeel van die getuienisaksies aan die KGA as gesamentlike onderneming tussen die drie kerke ‘n verdere kragtige stap is in die proses van hereniging en groei van die Kerk.
Die Kerke kom xxxx volg ooreen:
WOORDOMSKRYWING
Kerke Verenigende Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika (Kaapland) (VGK Kaapland), Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid Afrika (Xxx - en Suid Kaapland) (NGKSA) en Reformed Church in Africa (RCA) en afhangende van die samehang xxxxxx ’n Kerk’ of ‘die Kerk’ na een hiervan;
Woorde wat die manlike geslag aandui, sluit ook die vroulike in, en Woorde wat die enkelvoud aandui, sluit ook die meervoud in.
1. BEVESTIGING VAN DIE ROL VAN DIE KGA
Die Kerke sit hulle getuieniswerk as gesamentlike onderneming (‘common undertaking’) xxxxx xxxxx beheer van die KGA met opdrag en bevoegdheid xxxx hierin uiteengesit.
2. HOOFDOEL
Die KGA het as hoofdoel die bestuur van die kerklike bedieninge wat op die terrein van die getuienisaksie georganiseer en onderneem word in en vanuit die xxxxx kerkverband.
Die bedieninge word onderneem, op grond van die doel van die KGA,om:
die gesamentlike getuienis deur sending en diakonaat van die Kerke te stimuleer en uit te bou sodat "liefde en trou mekaar ontmoet, geregtigheid en vrede mekaar omhels" (Psalm 85:11);
die bedieninge en programme as gesamentlike projekte te onderneem, te koördineer en te implementeer. Waar bedieninge en programme raakpunte het met die opdrag van ander kommissies van die meewerkende kerke, word dit in oorleg met die betrokke kommissies hanteer.
3. SAMESTELLING
Die KGA word xxxx volg saamgestel:
3.1 Verteenwoordigers uit die ringe of gebiede van en aangewys deur die onderskeie Kerke;
3.2 Predikante in sinodale diens en persone in spesiale ampsdiens;
3.3 Deskundiges xxxx aanbeveel deur die KGA en goedgekeur deur die betrokke kerkvergaderinge;
3.4 Persone uit ander kommissies en inrigtings van die Xxxxx xxxx aanbeveel deur die KGA en goedgekeur deur die betrokke kerkvergaderings;
3.5 ’n Maksimum van 5 gekoöpteerde lede wat die KGA na behoefte kan benoem;
3.6 Die kerklik aangestelde dosent(e) in missiologie en diakoniologie binne die bedieningsgebied van die KGA;
3.7 Vir elkeen van die lede in 3.1, 3.3 en 3.4 word ook sekundi aangewys.
4 WERKWYSE
Die KGA tree op deur ’n algemene vergadering, ’n uitvoerende komitee met ’n dagbestuur en subkommissies - laasgenoemde met uitvoerende komitees.
5. AANSPREEKLIKHEID
Die Kerke is as partye tot die gesamentlike onderneming gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik vir die verpligtinge wat deur die KGA in die uitvoering van sy taak aangegaan word.
6. VOLMAG
Die Xxxxx xxxxxxx aan die KGA volmag om namens die Kerke alle funksies uit te oefen en alles te doen wat in die nastrewing van xx xxxx en vir die doeltreffende uitvoering van sy taak nodig
is. In die besonder is die volgende bevoegdhede by die volmag inbegrepe sonder om daardeur die omvang van die volmag te beperk, naamlik:
6.1 om met inagname van die betrokke Kerkorde, Bepalinge en Reglemente, gevestigde regte en onderworpe aan die eise en die reëls van die arbeidsreg gelykberegting ten opsigte van bestaande personeel toe te pas en hulle te vergoed en te bestuur op grondslag van die ooreengekome personeelbeleid, en desnoods te ontslaan;
6.2 om personeel in diens neem, te vergoed en te bestuur op grondslag van die ooreengekome personeelbeleid en desnoods te ontslaan;
6.3 om tydelike personeel in diens te neem;
6.4 om ‘n tydelike pos te skep hetsy vir ’n predikant, hetsy vir ’n persoon in spesiale ampsdiens, hetsy vir ’n administratiewe amptenaar waar omstandighede dit noodsaak of waar ’n persoon met besondere bekwaamhede beskikbaar is; poste word nie geskep suiwer om personeel wat xx xxxxx rede ook al oortollig xxxx xx akkommodeer nie;
6.5 om predikante te beroep, in diens te stel en te besoldig;
6.6 om ’n geskilbeslegtingsmeganisme te vestig en om geskille wat in die uitvoering van sy opdrag ontstaan namens die Kerke te besleg;
6.7 om na behoefte sub-kommissies aan xx xxx;
6.8 om namens die Kerke kontrakte te sluit, binnelands en buitelands;
6.9 om namens die Kerke roerende goed te bekom;
6.10 om ’n voorlegging aan die Kerke te doen indien onroerende eiendom vir sy werksaamhede benodig word;
6.11 om 'n begroting van inkomste en uitgawe op te stel;
6.12 xx xxxxx die riglyne van die begroting fondse wat ingevolge ’n begroting ontvang is, te verdeel volgens die prioriteite wat die KGA vir ’n betrokke finansiële jaar bepaal;
6.13 om tjekrekenings te open en te bedryf;
6.14 om geskenke te ontvang, en
6.15 om bevoegdhede te delegeer.
7 BEPERKING OP BEVOEGDHEDE
7.1 Die KGA mag nie homself of die Kerke of enigeen van hulle as borg verbind nie;
7.2 Die KGA bekom nie onroerende goed, liggaamlik of onliggaamlik nie;
7.3 Die KGA maak geen beleggings nie.
8. BESTAANDE PERSONEEL
Die bestaande personeelkorps in diens van die afsonderlike Getuienisaksies van die Xxxxx, xxxxx predikante, persone in spesiale ampsdiens en administratiewe personeel, word met inagname van die betrokke Kerkorde, Bepalinge en Reglemente, gevestigde regte en onderworpe aan die eise en die reëls van die arbeidsreg deur die KGA oorgeneem en as eenheid namens die Kerke vergoed en bestuur op grondslag van die ooreengekome personeelbeleid.
9 PREDIKANTE
9.1 Predikante in diens van die KGA staan, wat betref hulle leer en lewe, onder die tug van die Kerk waaraan hulle behoort en wat betref die uitvoering van hulle taak onder die dissipline van die KGA volgens die personeelbeleid en algemene diensvoorwaardes van die KGA;
9.2 Die beroeping van ‘n persoon vir ’n predikantepos geskied volgens die Reglement van Orde van die Kerk waarop die KGA in oorleg met die predikant besluit;
9.3 Na aanvaarding van die beroep/verkiesing word die indiensstelling gedoen volgens die Bepalinge van die lidkerk waarvan die persoon ’n geordende of proponent is;
9.4 Nuwe poste vir predikante word deur die KGA aan een van die lidkerke gekoppel;
9.5 ’n Predikant wat deur die KGA in diens gestel/geneem word, moet behoort aan een van die goedgekeurde kerklike pensioenfondse en ‘n goedgekeurde mediese fonds.
10. VRAE OOR BELEID
Indien ’n vraag sou ontstaan oor die beleid wat deur die KGA gevolg moet word, word die vraag na die moderamens van die Xxxxx xxxxxx xx xxxxxxx xx xxx.
11. REKENINGKUNDIGE ADMINISTRASIE VAN KGA
11.1 Die Sinodale Fondskommissie van die NGKSA behartig volledig die rekeningkundige administrasie van die KGA;
11.2 Die KGA stel jaarliks, in oorleg met kommissies wat fondse van die Kerke administreer, 'n begroting op vir al sy werksaamhede waartoe die Kerke bydra op ’n wyse en in verhouding volgens ’n formule xxxx van tyd tot tyd deur die Kerke bepaal;
11.3 Vir onvoorsiene verpligtinge in verband met die werksaamhede van die KGA wat enigeen van die Kerke verplig om te voldoen geniet die Kerk ’n verhaalsreg ooreenkomstig die formule wat ingevolge 11.2 vasgestel is vir die finansiële jaar waarin voldoening geskied, mits vooraf met die xxxxx Xxxxx oorleg gepleeg is;
11.4 Die KGA dra xxxx dat sy finansiële state geoudit word so gou as moontlik na afloop van elke finansiële boekjaar.
12. VERSLAG
Die KGA doen jaarliks aan die Kerke verslag van sy werksaamhede en finansiële posisie (insluitende dié van die bedieninge en programme ingestel ingevolge sy doelstellings).
13 GOEDERE
13.1 Roerende goed tans deur die KGA gebruik en xxxxx xx beheer word sonder verrekening tussen die Kerke onderling deur die KGA oorgeneem en vir die Kerke in onverdeelde aandele gehou in die verhouding, van tyd tot tyd, tot die befondsing van die begroting indertyd;
13.2 Roerende goed wat namens die Xxxxx xxxx die KGA bekom word, word eweneens vir die Kerke in onverdeelde aandele gehou in die verhouding, van tyd tot tyd, tot die befondsing van die begroting indertyd;
13.3 Waar die KGA onroerende goed gebruik wat aan ’n Kerk behoort, word ’n huurkontrak teen ’n markverwante huur, of sodanige mindere huur wat deur die Kerk aanvaar mag word, vir die voortgesette gebruik van die goed tussen die KGA en die Kerk aangegaan;
13.4 Onroerende goed wat vir die uitvoering van sy opdrag en werksaamhede benodig word, word deur een van die Kerke bekom en onder huurkontrak aan die KGA beskikbaar gestel op die grondslag in 13.3 uiteengesit.
14. KGA REGLEMENT
Die bestaande Reglement van die KGA word aangepas om vir die verandering in sy status voorsiening xx xxxx.
15. REGTE EN VERANTWOORDELIKHEDE
Die regte en verantwoordelikhede van die Kerke word nie deur hierdie ooreenkoms opgehef of tot niet verklaar nie.
16. WYSIGING VAN OOREENKOMS
Geen wysiging of kansellasie of vervanging van hierdie ooreenkoms of enige gedeelte daarvan is van xxxx xxxxx sodanige wysiging, kansellasie of vervanging op skrif gestel en deur die partye hiertoe geteken is nie.
17. TERUGTREDE
Enige van die partye kan uit hierdie ooreenkoms terugtree xxxx xxxxxx van terugtrede aan die ander partye en aan die sekretaris van die KGA xx xxx vir ’n kennistermyn van minstens twaalf kalendermaande wat uitloop op die laaste dag van ’n finansiële jaar. By ontvangs van so ’n kennisgewing gee die sekretaris dadelik aan die rekenmeestersfirma wat die laaste oudit uitgevoer het opdrag om ’n paneel van drie kundige en gekwalifiseerde persone aan te stel om die likwidasie van die onderneming as deskundiges te behartig.
1. Geteken te..................................... op deur die gevolmagtigdes van die
VGKSA (Kaapland)
Gevolmagdigdes 1. Volle Name 2. Volle Name | Getuies 1. Volle Name 2. Volle Name |
2. Geteken te...................................... op ........................................ deur die gevolmagtigdes van
die NGKSA
Gevolmagdigdes 1. Volle Name 2. Volle Name | Getuies 1. Volle Name 2. Volle Name |
3. Geteken te................................... op deur die gevolmagtigdes van die
RCA
Gevolmagdigdes 1. Volle Name 2. Volle Name | Getuies 1. Volle Name 2. Volle Name |