WAT SÊ DIE KODE?
WAT SÊ DIE KODE?
1. Werk word verrig volgens ‘n erkende diensverhouding wat voldoen aan die bepalings van nasionale wetgewing en praktyke of internasionale arbeidstandaarde, afhangende van die beste beskerming.
2. Ingevolge arbeidswetgewing moet werkgewers hul verpligtinge teenoor werknemers nakom en mag hulle nie xxxxxx as wat nodig is op dieselfde vlak gehou word nie. Dit veronderstel kontrakwerk of leerlingskappe waar werknemers nie geleentheid kry op vaardigheidsontwikkeling of permanente werk nie.
3. Die betaling van lone, oortyd, voordele en verlof moet onderskeidelik net soveel of meer wees as die wetlike minimum, bedryfstandaarde of ander kollektiewe ooreenkomste – wat ook al die beste is. Vergoeding moet eerstens voorsiening maak vir basiese behoeftes en daarna moet ‘n gedeelte oorbly vir werknemers en hul gesinne.
4. Werkgewers moet alle werknemers voor aanstelling voorsien van verstaanbare, geskrewe inligting oor diensvoorwaardes en besonderhede oor hul lone.
5. Werkgewers mag geen ongemagtigde of onwettige loonaftrekkings maak nie. Geld mag ook nie as straf afgetrek word van lone nie.
6. Die werkgewer moet alle voorgeskrewe voordele aan alle werknemers laat toeval. Dit sluit betaalde verlof in.
Ingevolge die wet, moet werknemers altyd oortyd teen ‘n premietarief ontvang. Waar toepaslik, geld ‘n kontraktuele ooreenkoms.
SUID-AFRIKAANSE WETGEWING
XXX OP BASIESE DIENSVOORWAARDES 🞋
Die Wet op Basiese Diensvoorwaardes maak voorsiening vir basiese werksvoorwaardes xxxx werkure, verlof en kennistyd. Die doel van hierdie wetgewing is om te verseker dat werknemers nie uitgebuit word nie. Hulle hoef ook nie om basiese diensvoorwaardes te onderhandel nie.
SEKTORALE VASSTELLING VIR PLAASWERKERS 🞋