As u hierdie Programmatuur buite die Verenigde State en Kanada aangeskaf het, is hierdie EGLO op u van toepassing.
As u hierdie Programmatuur buite die Verenigde State en Kanada aangeskaf het, is hierdie EGLO op u van toepassing.
Hierdie Eindgebruiker-Lisensieooreenkoms (“EGLO”) is ’n regsooreenkoms tussen u en TomTom International B.V., Nederland (TomTom). U stem kragtens dit in dat hierdie EGLO net so afdwingbaar is xxxx enige skriftelik onderhandelde ooreenkoms wat u onderteken. Hierdie EGLO is van toepassing op (die gebruik van) TomTom- programmatuur, wat Internet-gebaseerde dienste, asook alle inhoud en inhoudprogramme wat deur TomTom verskaf word (“Programmatuur”), insluit.
Xxxx asseblief hierdie EGLO sorgvuldig. U aanvaar al die bepalings en voorwaardes van hierdie EGLO as u die Programmatuur deels of in die geheel gebruik. Om die xxxx van ’n CD-ROM, slapskyf, geheuekaart of enige ander media te breek en die “I agree”-knoppie te druk om enige Programmatuur, aanpassings, bywerkings of aanvullings te installeer en/of af te laai, word gereken as gebruik van die Programmatuur.
Indien u u nie onderwerp aan die terme van hierdie EGLO nie, is u nie daarop geregtig om die Programmatuur te gebruik nie, en moet u die “Cancel”-knoppie druk om die aflaai daarvan xx xxxxx. Indien u alreeds die Programmatuur betaal het, kan die koopsom aan u terugbetaal word, mits u nie die Programmatuur gebruik nie.
1) TOEKENNING VAN LISENSIE: Hierdie EGLO xxx ’n lisensie (“Lisensie”) aan u toe wat u magtig om die Programmatuur te gebruik, mits die Programmatuur wat saam met ’n apparatuur-toestel gebruik word, net saam met een apparatuur-toestel op ’n slag gebruik word. Hierdie Lisensie is nie eksklusief of oordraagbaar nie. Hierdie Lisensie sluit nie die reg in om toekomstige aanpassings, bywerkings of aanvullings van die Programmatuur te ontvang nie. Indien aanpassings, bywerkings of aanvullings van die Programmatuur wel aangeskaf word, word die gebruik van sodanige aanpassings of bywerkings deur hierdie EGLO en enige wysigings daaraan beheer, tensy die aanpassings, bywerkings of aanvullings xxxx xxxxx terme vergesel word, in xxxxx geval daardie terme van toepassing is.
2) KOPIEREG: Die kopiereg en ander intellektuele, bedryfs- en/of vermoënsregte van die Programmatuur en enige afskrifte wat u moontlik maak word xxxxx xxxx TomTom en/of sy verskaffers. TomTom magtig u slegs om die Programmatuur te gebruik in ooreenstemming met die terme van hierdie EGLO. Alle regte wat nie spesifiek in hierdie EGLO toegeken word nie, word deur TomTom voorbehou. U mag óf (a) ’n afskrif van die Programmatuur maak wat uitsluitlik vir rugsteun- en argiefdoeleindes gebruik word, óf (b) die Programmatuur na ’n enkele medium oordra, mits u die oorspronklike uitsluitlik vir rugsteun- of argiefdoeleindes gebruik. U mag nie afskrifte van die produkhandleiding(s) of materiaal wat hierdie Programmatuur vergesel, xxxx xxxxx dit vir u eie gebruik is nie. U word slegs die eienaar van die hoof-datadraer, indien enige. U verkry nie eienaarskap van die Programmatuur nie.
3) ANDER BEPERKINGS: Die verhuring, uitleen, openbare aanbieding, vertoning, uitsaai of verspreiding op enige xxxxx xxxx van die Programmatuur word verbied. Buiten die mate waarin toepaslike wetgewing dit toelaat, mag u nie die
Programmatuur of enige xxxx daarvan wysig, ontleed deur omgekeerde ingenieurswerk, segmenteer of uitmekaarhaal, enige produk ontwikkel wat daarop gebaseer is, of enige xxxxx xxxxxxx toelaat om dit te doen nie.
4) VERTROULIKHEID: U erken en stem saam dat die Programmatuur oor ’n aansienlike tydperk en teen aansienlike koste deur TomTom ontwikkel is, dat dit vertroulik is en dat dit ’n handelsgeheim is wat aan TomTom en/of derde partye behoort. U stem in om die Programmatuur xxxxxx vertroulik te onderhou, en om dit nie aan enige persoon xx xxx of beskikbaar xx xxxx nie.
5) DERDEPARTY-PROGRAMMATUURLISENSIES: TomTom-produkte kan moontlik gebruik maak van derdeparty-programmatuur. Nieteenstaande dit wat in klousules 2, 3 en 4 staan, kan die gebruik van sommige derdeparty-materiaal wat by die Programmatuur ingesluit is, aan ander bepalings en voorwaardes onderhewig wees. Die amptelike kopieregkennisgewings en bepaalde lisensievoorwaardes van sodanige derdeparty-programmatuurkodes en -algoritmes kan by xxxx://xxx.xxxxxx.xxx gevind word. U stem hiermee in tot die bepalings en voorwaardes van sodanige derdeparty-programmatuur.
6) BEPERKTE WAARBORG:
a) TomTom kan nie waarborg dat die Programmatuur foutloos werk nie en doen dit ook nie. Wanneer u die Programmatuur gebruik, moet u veral bedag wees op die xxxx dat berekeningsfoute kan voorkom wat byvoorbeeld aan plaaslike omgewingstoestande en/of onvolledige data te wyte is.
b) TomTom en sy verskaffers verskaf die Programmatuur “VOETSTOOTS EN MET ALLE GEBREKE” in soverre dit toelaatbaar is kragtens toepaslike wetgewing. Hulle ontken hiermee alle ander waarborge en voorwaardes – hetsy uitdruklik, geïmpliseer of wetlik – insluitend, maar nie beperk tot, enige (indien enige) geïmpliseerde waarborge, pligte of voorwaardes ten opsigte van bevredigende gehalte, geskiktheid vir ’n spesifieke doel, betroubaarheid of beskikbaarheid, akkuraatheid of volledigheid van antwoorde, resultate, vakmanskap, gebrek aan virusse, en redelike xxxx en vaardigheid met betrekking tot die Programmatuur en die verskaffing – of versuim – van steun of ander dienste, inligting, programmatuur en verwante inhoud deur die Programmatuur of wat spruit uit die gebruik van die Programmatuur. Daar is ook geen waarborg ten opsigte van ongestoorde gebruik, ongestoorde besit of weerhouding van inmenging met betrekking tot die Programmatuur nie.
7) BEPERKING VAN AANSPREEKLIKHEID:
a) Nie TomTom of sy verskaffers xxx aanspreeklik wees vir die volgende (hetsy kontraktueel, weens nalatigheid of enige ander rede) teenoor u of enige derde party nie: (i) enige onvermoë om enige derdeparty-toerusting te gebruik of data oop xx xxxx, verlies van of probleme met data, verlies van sake, verlies van wins, verlies van inkomste en verwagte besparings, onderbreking van sake of iets soortgelyk (ongeag of sodanige verlies direk of indirek is); of (ii) vir enige indirekte, toevallige, gevolglike verlies of skade hoegenaamd wat in elke geval spruit uit die gebruik van die Programmatuur of die onvermoë om dit te gebruik, selfs al is TomTom in xxxxxx xxxxxx van die moontlikheid van sodanige verlies of skade.
b) Nieteenstaande enige skade wat u mag ly xx xxxxx rede ook al (insluitend, sonder voorbehoud, alle skade waarna hierdie ooreenkoms xxxxxx, asook alle direkte of algemene skade, hetsy kontraktueel, weens nalatigheid of enigiets anders), xxx die totale aanspreeklikheid van TomTom en enige van sy verskaffers wat uit hierdie EGLO spruit beperk tot die bedrag wat u werklik vir die Programmatuur betaal het.
c) Geen party se aanspreeklikheid vir dood of persoonlike besering wat uit sy eie nalatigheid spruit, word beperk nie, nieteenstaande klousules 7(a) en (b) of enigiets anders wat in hierdie EGLO vervat word.
8) BEËINDIGING: TomTom kan hierdie EGLO onmiddelik beëindig sonder benadeling van enige ander regte indien u versuim om aan enige bepalings en voorwaardes daarvan te voldoen. In so ’n geval moet u alle afskrifte van die Programmatuur en al die dele daarvan vernietig. Die bepalings van hierdie EGLO is geskep xx xxx xxxx xx xxx ná die beëindiging van hierdie EGLO en xxx dit trouens doen. TomTom behou die reg voor om, met of sonder kennisgewing, dienste wat verband hou met aanpassings, bywerkings of aanvullings wat aan u verskaf word, of wat aan u beskikbaar gemaak word deur die gebruik van die Programmatuur, xx xxxxx.
9) SKAKELS NA DERDEPARTY-WEBTUISTES: TomTom is nie verantwoordelik vir die inhoud van enige derdeparty-webtuistes of -dienste, enige skakels wat in derdeparty-webtuistes of -dienste verskyn of enige veranderings aan, of aanpassings van, derdeparty-webtuistes of -dienste nie. TomTom verskaf hierdie skakels en toegang tot derdeparty-webtuistes en -dienste slegs gerieflikheidshalwe aan u, en die insluiting van enige skakel of diens beteken nie dat TomTom die derdeparty- webtuiste of -diens onderskryf nie.
10) DERDEPARTYREGTE: ’n Party wat nie xxxx het aan hierdie EGLO nie, het geen regte kragtens toepaslike wetgewing met betrekking tot die regte van derde partye xx xxxxx xx xxxx op hierdie EGLO of om enige bepaling daarvan af te dwing nie, maar dit beïnvloed nie enige reg of regstellende maatreël wat buiten sulke toepaslike wetgewing bestaan of beskikbaar is nie.
11) HELE OOREENKOMS: Hierdie EGLO (insluitend enige addendum daarby of wysiging daaraan wat saam met die Programmatuur verskaf word) en enige ander bepalings en voorwaardes, indien van toepassing, maak die hele ooreenkoms tussen u en TomTom ten opsigte van die Programmatuur en die steundienste (indien enige) uit. Dit vervang alle vorige of gelyklopende mondelinge of skriftelike kommunikasie, voorstelle en aanbiedings ten opsigte van die Programmatuur of enige ander onderwerp wat deur hierdie EGLO gedek word. Indien die bepalings van enige TomTom-beleidstukke of -programme met betrekking tot steundienste met hierdie EGLO bots, xxx die bepalings van hierdie EGLO bepalend wees. Niks in hierdie EGLO xxx TomTom se aanspreeklikheid vir bedrieglike wanvoorstelling uitsluit of beperk nie. Indien enige bepaling van hierdie EGLO nietig, ongeldig, onafdwingbaar of onwettig verklaar word, xxx die ander bepalings ten volle van xxxx xxx.
12) VERTALINGS: Die Engelse weergawe van hierdie EGLO is die bepalende weergawe. Enige vertalings word slegs gerieflikheidshalwe verskaf.
13) BEHERENDE WET: Hierdie EGLO, enige geskille wat daarmee of met die gebruik van die Programmatuur verband hou, en enige ander geskille is onderhewig aan Nederlandse wetgewing. Die Verenigde Nasies se Konvensie oor Kontrakte vir die Internasionale Verkoop van Goedere word hiermee uitgesluit van toepassing op hierdie EGLO. Alle geskille wat weens hierdie EGLO ontstaan, xxx xxxx die xxxx van Amsterdam (Nederland) besleg word, wat uitsluitlik regspraak xxx hê ten opsigte van sulke geskille.
Indien u enige vrae oor hierdie EGLO het, of indien u TomTom xx xxxxx rede ook al xxx xxxxxx, besoek TomTom xxxxx op die Wêreldwye Web by xxxx://xxx.xxxxxx.xxx .