ATKV-betrekkings
ATKV-betrekkings
ATKV-Xxxxx-Kariba
Mensehulpbronbeampte (12-maande-kontrak)
Die ATKV is ’n dinamiese en snelgroeiende Afrikaanse kultuurorganisasie met ’n vakature vir ’n gekwalifiseerde mensehulpbronbeampte (12-maande-kontrak) by sy vakansieoord, ATKV- Xxxxx-Kariba.
Die ATKV volg ’n gelyke-indiensnemingsbeleid.
Vereistes
• ’n Kwalifikasie in menslike hulpbronbestuur en twee tot vyf jaar se toepaslike ondervinding in alle areas van die dissipline.
• Rekenaarvaardighede met spesifieke verwysing na die Microsoft-produkreeks.
• Kennis van elektroniese betaalstelsels en Sage 300 People.
• Uitstekende administratiewe vaardighede.
• Goeie menseverhoudings en kommunikasie.
• Moet onder druk kan funksioneer.
Vernaamste verantwoordelikhede
• Belanghebbendes: Verskaf ondersteuning aan departemente en personeel, bestuur fondse en handhaaf kommunikasieprosesse.
• Kommunikasie: Stel forums op, neem xxxx aan vergaderings, help met diensbeplanning en berei verslae voor.
• Finansiële bestuur: Help met begrotingsvoorbereiding en verseker kostedoeltreffende aankope.
• Voorraadbeheer: Bestuur voorraad en koördineer aankoopaktiwiteite.
• Statutêre en regsvoldoening: Verseker nakoming van wetgewing en maatskappybeleide.
• Algemene mensehulpbronbestuur: Monitor werknemerwelstand en bevorder persoonlike ontwikkeling.
• Werwing en erkenning: Koördineer werwingsprosesse en pas erkenningstelsels toe.
• Prestasiekontraktering en dissiplinêre kode: Bestuur en beheer van prosesse.
• Opleiding: Identifiseer opleidingsbehoeftes en fasiliteer vaardigheidsontwikkeling.
• Prosessering: Handhaaf personeelrekords en verlof en verseker akkurate salarisverwerking, asook rekonsiliasies.
As jy graag vir so ’n dinamiese organisasie xxx xxxx, stuur jou volledige CV aan:
Xxxxxx Xxxxxxx by xxxxxxxxxxxxx@xxxx.xxx.xx Aansoeke moet die ATKV voor 17 Mei 2024 bereik. Gebruik asseblief KKMHB02 as verwysing.