Contract
WEIERING OM ‘N KONTRAK TE ONDERTEKEN As ‘n werknemer xxxxx xx ‘n kontrak te onderteken (ongeletterde werknemers is geneig om die proses te wantrou), kan werkgewers in so ‘n geval: 1) nie ‘n ooreenkoms sluit nie, of
2) voortgaan, met dien verstande dat die werknemer stilswyende toestemming xxxxxxx. Dit is egter net van krag as ‘n ander werknemer of ‘n werkerverteenwoordiger dit aan die betrokke werknemer verduidelik. As die werknemer diens aanvaar, moet dit ooreenkomstig met die voorwaardes in die kontrak wees. Die verteenwoordiger moet as getuie bevestig dat die werkgewer die werknemer oor die diensvoorwaardes ingelig het en dat die werknemer dit verstaan.
VERANDERINGE AAN DIE DIENSKONTRAK Werkgewers mag net diensvoorwaardes in die kontrak verander in konsultasie met die werknemer.
Wat word aanbeveel?
Werkgewers moet die verskille tussen permanente werk en seisoenswerk, onafhanklike kontrakteurs en arbeidsmakelaars verstaan.
Werkgewers wat ‘n arbeidsmakelaar of kontrakteur gebruik, moet sy of haar kontrakte, voorwaardes en betaalstrokies aan werknemers nagaan, xx xxxxx xx xxxx dat dit aan wetlike vereistes voldoen.
Aan die begin van elke seisoen, of op enige tydstip wanneer seisonale werknemers gewerf word, kan die werkgewer ‘n vergadering met werknemers hou om diensvoorwaardes aan hulle te verduidelik in ‘n taal wat hulle verstaan. Hulle kan ‘n register teken en aangemoedig word om die dokument xx xxxx en vrae te stel. ‘n Bestuurder of werkerverteenwoordiger kan hulle help om onduidelikhede op xx xxxxx. Die werkgewer moet afskrifte van die dienskontrak op versoek verskaf en dit is wenslik om ‘n afskrif op ‘n kennisgewingbord te plak.
Xxxx: Hou kontrakte eenvoudig. Ingewikkelde kontrakte vol regstaal is moeilik om te verstaan en te verduidelik.
GEREELDE DIENS Werkgewers moet probeer om werknemers sover moontlik voltyds aan te stel. As kontrakwerkers aanbly nadat kontrakte verstryk het, skep dit die verwagting van vaste werk.