Contract
Module 1.6 – Uitgebreide konsepte van sagteware | |
1. | Verskillende toepassingsprogramme met soortgelyke gebruikerskoppelvlakke wat ontwerp is vir maklike uitruiling van data tussen die programme en wat as ’n eenheid verkoop word, staan bekend as geïntegreerde sagteware of suites. |
2. | Noem vier toepassingsprogramme wat xxxx vorm van die Microsoft Office suite: • Word • Excel • Access • PowerPoint |
3. | ’n Wettige kontrak tussen die gebruiker en die vervaardiger van programme wat beskryf wat die gebruiker met die programme mag doen en nie mag doen nie, staan bekend as ’n lisensiëringsooreenkoms of XXXX (End-User License Agreement). |
4. | Sagteware waarvan die lisensie bepaal dat gebruikers dit net volgens seker voorwaardes mag gebruik, noem ons eiendomsregtelike (proprietary) sagteware. |
5. | Die tipe lisensie wat toelaat dat sagteware op ’n onbeperkte aantal rekenaars wat aan ’n maatskappy of organisasie behoort, geïnstalleer kan word, noem ons ’n terreinlisensie (site licence) of volume licensing. |
6. | Noem drie tipes gratis sagteware: • Freeware • Shareware • Oopbronsagteware (Open source software – OSS) |
7. | Sagteware wat vrylik gebruik, verander en versprei mag word, staan bekend as oopbronsagteware (open source software). |
8. | Sagteware waarvan al die beskikbare funksies werk en wat sonder enige beperkinge gebruik en gekopieer kan word, staan bekend as freeware. |
9. | Sagteware wat verniet van die internet afgelaai kan word en vir ’n beperkte tyd gebruik kan word sodat die gebruiker dit eers kan uittoets voordat hy/sy dit koop, staan bekend as shareware. |
10. | Gee twee voorbeelde van oopbronsagteware: • Linux • Open Office / Libre Office • Java • MySQL |
11. | Die reg om wettige kopieë xx xxxx en produkte te publiseer en te verkoop, staan bekend as kopiereg. |
12. | ’n Organisasie sonder winsoogmerk wat die wettige en gratis gebruik xxx xxxxxx en produkte aanmoedig, is Creative Commons. |
13. | Programme wat by die bedryfstelsel ingesluit is en wat die gebruiker help om instandhoudingswerk wat met die bestuur van die rekenaar te make het, te verrig, staan bekend as nutsprogramme. |
14. | Programme wat rekenaartoestelle beheer en wat die rekenaar in staat stel om met hierdie toestelle te kommunikeer, staan bekend as drywerprogramme (drivers). |
15. | ’n Tipe nutsprogram wat lêers en lêergidse kompakteer sodat dit xxxxxxx is en xxxxxx stoorplek gebruik, noem ons saampersprogramme. |
16. | ’n Tipe nutsprogram wat kopieë van lêers maak, met die doel om die lêers te bewaar, vir ingeval die oorspronklike lêers beskadig sou word, staan bekend as rugsteunprogramme. |
17. | Linux is ’n voorbeeld van ’n oopbronbedryfstelsel. |
18. | WinZip en WinRAR is voorbeelde van saampersprogramme. |