DIENSKONTRAKTE
DIENSKONTRAKTE
Wat is die regsposisie?
Alle werknemers (permanente, seisoens- of kontrakwerkers), moet vooraf ingelig word oor die werksvoorwaardes in die kontrak. Ingevolge die Wet op Basiese Diensvoorwaardes moet die kontrak die volgende bepalings omvat:
• Die soort kontrak (permanente, seisoens- of kontrakwerk).
• Die loon en hoe dit bereken word.
• Hoe gereeld en op watter xxxxxx lone betaal word.
• Werkure.
• Byvoordele.
• Aftrekkings (statutêr en nie-statutêr).
• Openbare vakansiedae.
• Xxxxxx (jaarlikse verlof, siekteverlof, kraamverlof en verlof vir gesinsverantwoordelikheid).
• Xxxxxx reëlings of vereistes.
• Werkvereistes in noodgevalle.
• Nagwerk, waar van toepassing.
• Prosedures vir dissipline en die lug xxx xxxxxx.
• Diensbeëindiging
Sien webwerf vir ‘n voorbeeld van ‘n dienskontrak 🞋
Werkgewers moet die inhoud van die dienskontrak aan werknemers verduidelik in ‘n taal wat hulle verstaan en hulle versoek om die kontrak te onderteken. (‘n Vingerafdruk kan ook gebruik word).
Elke werknemer se dienskontrak moet bewaar word en die werkgewer moet ‘n afskrif op versoek verskaf. Dit is raadsaam om ‘n afskrif van ‘n generiese kontrak op ‘n kennisgewingbord xx xxxxx.