ALGEMENE BEPALINGE. 1.1 Die kerkraad of sy gevolmagtigde reël alle verlof waarop ’n predikant in terme van die diensooreenkoms geregtig is. 1.2 Die predikant doen op voorgeskrewe wyse by die kerkraad of sy gevolmagtigde aansoek om verlof te neem. Xxxxxx, met die uitsondering van siekteverlof, kan slegs geneem word nadat die aansoek goedgekeur is. 1.3 Alle verlof wat geneem word, word genotuleer en aangeteken in ’n verlofregister wat elke ses maande deur die kerkraad en jaarliks deur die ring in sitting gekontroleer word. 1.4 Indien ’n predikant in diens van die kerkverband is, word alle verlof gereël, goedgekeur en gekontroleer deur die kerkvergadering of sy gevolmagtigde as verteenwoordiger van die werkgewer. 1.5 Verlof is nie van een diensverhouding na ’n ander oordraagbaar nie. 2.