METODES VAN METING Voorbeeld Klousules

METODES VAN METING. Wind en Green (in Wells, 1974) noem dat verbruikers se lewenstyle op verskeie maniere gemeet en beskryf kan word, insluitende die volgende: - Op grond van die produkte en dienste wat die verbruiker verbruik. Hierdie benadering is gebaseer op die aanname dat ’n verbruiker se lewenstyl deur die produkte en dienste wat hy/sy verbruik asook die manier waarop dit verbruik word, weerspieël word. - Op grond van die verbruiker se aktiwiteite, belangstellings en opinies - AIO- veranderlikes. AIO-metings is vir hierdie doel ontwikkel deur die formulering van ’n groot aantal vrae wat verwant is aan verbruikers se AIO’s waaruit ’n kleiner aantal vrae geselekteer kan word. Verbruikers word in een van verskeie verbruikersegmente geklassifiseer gebaseer op hul response op die vrae. Elke segment se aktiwiteite, belangstellings en opinies stem ooreen. Die AIO-vrae kan met produkspesifieke vrae aangevul word, soos byvoorbeeld om die impulsiewe aankoopgedrag van verbruikers vir klere te meet. Faktorontleding word dan dikwels op die data wat versamel is toegepas omrede dit items groepeer wat hoog korreleer sodat ’n vollediger beeld van die verbruiker verkry word. Op grond van die bovermelde het die navorser besluit om van hierdie metode (die AIO-benadering) gebruik te maak om die lewenstyl van impulsiewe studente- aankopers te meet en te beskryf. ’n Individu se lewenstyl kan verder ook volgens Wind en Green (in Wells, 1974) in terme van die volgende vier maniere gemeet en beskryf word. - Op grond van die verbruiker se waardesisteem, veral die dominante waarde- sisteem. - Op grond van die verbruiker se persoonlikheidseienskappe en selfkonsep. - Op grond van die verbruiker se houding teenoor verskeie produkkategorieë en in terme van meer algemene houdings teenoor handelsmerke in dieselfde produk- kategorie. - Op grond van verbruikers se aankoopaktiwiteite. Hierdie benadering behels die identifisering van ’n groot aantal aankope en die bepaling van aankooppatrone. ’n Verbruiker kan sodoende byvoorbeeld beskryf word as ’n modebewuste verbruiker of ’n gesondheidsbewuste verbruiker. Volgens Hawkins et al. (2007) kan die bemarker die algemene lewenstylpatrone van ‘n populasie bestudeer of die bemarker kan meer spesifieke lewenstylstudies uitvoer. Algemene lewenstylbenaderings fokus nie op spesifieke produkte of aktiwiteite, belangstellings en opinies nie, maar word breër toegepas om bemarkingstrategieë vir ‘n wye verskeidenheid produkte en handelsmerke te ontwikkel. Algemene benader...