Normatiewe evaluerings Voorbeeld Klousules

Normatiewe evaluerings. Impulsiewe aankoopgedrag word in die literatuur (Rook & Xxxxxx, 1995) en deur verbruikers as normatief verkeerd bestempel of negatief geëvalueer. Hierdie tipe aankoopgedrag gee egter aanleiding daartoe dat ‘n groot volume produkte oor ‘n wye verskeidenheid van produkkategorieë jaarliks verkoop word (Xxxxxxxxx et al., 1978; Xxxx & Xxxxx, 1986; Han et al., 1991; Xxxxxx & Xxxxxxx, 1967; Rook & Xxxxxx; 1995; Xxxxxxxx & Xxxxxxxx, 1982). Die negatiewe evaluerings van impulsiewe aankoopgedrag kan moontlik verklaar word deur studies oor impulsiwiteit wat oor die algemeen as onvolwasse beskryf word en kenmerkend is van ‘n gebrek aan selfbeheer of as irrasioneel, riskant en ‘n vermorsing van tyd beskou word (Rook & Xxxxxx, 1995). Volgens Xxxx (1996) word impulsiwiteit en impulsiewe gedrag gemodereer deur ‘n verbruiker se normatiewe evaluering oor die toepaslikheid van die gedrag. Puri (1996) noem verder dat impulsiewe aankoopgeneigdheid en werklike impulsiewe aankoopgedrag verskillende konstrukte is in die opsig dat die geneigdheid om impulsief aan te koop, nie noodwendig daartoe aanleiding gee dat ‘n verbruiker impulsief aankoop nie. Verdere steun vir Xxxx (1996) is deur die studies xxx Xxxx (1989), Xxxxxx en Xxxxx (1987) en Xxxxxx en Xxxxxxx (1998) gebied. Hierdie studies stel voor dat alhoewel ‘n verbruiker se unieke individuele impulsiewe eienskappe ‘n xxxxx invloed op die verbruiker se geneigdheid tot impulsiewe aankoopgedrag uitoefen, daar ‘n verskeidenheid faktore bestaan wat ‘n invloed kan uitoefen op die voltooiing van ‘n verbruiker se impulsiewe aankoopgedragbedoelings (Kwon & Xxxxxxxxx, 2002). Rook en Xxxxxx (1995) was van die eerste navorsers wat voorgestel het dat normatiewe evaluerings as moderator van individuele impulsiewe eienskappe funksioneer en dus impulsiewe aankoopgedrag kan verminder. Hierdie navorsers het gehipotetiseer dat verbruikers se normatiewe evaluerings die sterkte van die verband tussen die impulsiewe aankoopeienskap en impulsiewe aankoopgedrag modereer. Met ander woorde die verbruiker poog om inherente impulsiewe neigings te beheer omdat hy/sy nie as onvolwasse of irrasioneel gesien wil word nie. Rook en Xxxxxx (1995, p. 308) het ‘n nege-item meetinstrument ontwikkel wat gebruik word vir die meting van die impulsiewe aankoopeienskap (“trait buying impulsiveness”). Hierdie aankoopeienskap korreleer beduidend met impulsiewe aankoopgedrag. Rook en Xxxxxx (1995) het bevind dat verbruikers se normatiewe evaluerings van die toepaslikheid ...