Oorlog, oproer en terrorisme Voorbeeld Klousules

Oorlog, oproer en terrorisme. (A) Hierdie polis dek nie verlies van of skade aan eiendom wat betrekking het op of veroorsaak is deur die volgende nie: (i) burgerlike beroering, arbeidsonluste, oproer, staking, uitsluiting of openbare onrus of enige daad of handeling wat daarop bereken of xxxxx is om enige van die voormelde te veroorsaak (ii) oorlog, inval, die optrede van ‘n buitelandse vyand, vyandelikhede of krygsverrigtinge (hetsy oorlog verklaar is al xxx xxx) of burgeroorlog (iii) (a) muitery, militêre opstand, militêre of geüsurpeerde gesag, krygswet of ‘n staat van beleg of enige ander gebeurtenis of oorsaak wat die afkondiging of handhawing van krygswet of ‘n staat van beleg bepaal (b) opstand, rebellie of revolusie (iv) enige optrede (ongeag of dit ten behoewe van enige organisasie, liggaam, persoon of groep persone is) wat daarop bereken of xxxxx is om enige Staat of Regering of enige provinsiale, plaaslike of stamowerheid met dwang of deur vrees, terrorisme of geweld te beïnvloed of omver xx xxxx (v) enige optrede wat daarop bereken of xxxxx is om verlies of skade te veroorsaak ten einde enige politieke doel, oogmerk of xxxx xx bevorder, of om maatskaplike of ekonomiese verandering teweeg te bring of uit protes teen enige Staat of Regering of enige provinsiale, plaaslike of stamowerheid, of met die doel xx xxxxx by die publiek of enige xxxx daarvan in te boesem (vi) enige poging tot optrede waarna in klousule (iv) of (v) hierbo xxxxxx word (vii) die optrede van enige xxxxxx ingestelde owerheid by die beheer, voorkoming of onderdrukking van, of terwyl op xxxxx xxxx gehandel word met, enige gebeurtenis waarna in klousule 1(A)(i), (ii), (iii), (iv), (v) of (vi) hierbo xxxxxx word. Indien die maatskappy beweer dat verlies of skade uit hoofde van klousule 1(A)(i), (ii), (iii), (iv), (v) of (vi) van hierdie Uitsondering nie deur hierdie polis gedek word nie, rus die las op die versekerde om die teendeel te bewys. (B) Hierdie polis dek nie verlies of skade nie wat regstreeks of onregstreeks veroorsaak word deur of deur middel van of as gevolg van enige gebeurtenis waarvoor ‘n fonds gestig is ingevolge die Wet op Oorlogskadeversekering en- vergoeding 1976 (Nr. 85 van 1976) of enige soortgelyke Wet wat van krag is in enige van die gebiede waarop hierdie polis van toepassing is. (C) Nieteenstaande enige bepaling van hierdie polis, met inbegrip van enige uitsluiting, uitsondering of uitbreiding of ander bepaling wat nie hierin vervat word nie en wat andersins ‘n Algemene uitsondering t...