Pligte van Finansiële Dienste. Finansiële Dienste xxxxxx fakture, waar die faktuurbedrag met die bestellingsbedrag verskil, na die Afdeling Aankope en Voorsieningsdienste vir kontrolering en verdere hantering. Indien voornemende reisigers nie vertroud is met lugreisreëlings nie, skakel eers die Afdeling Aankope en Voorsieningsdienste (tel: 000-000 0000). 6.2
Pligte van Finansiële Dienste. Finansiële Dienste xxxxxx fakture, waar die faktuurbedrag met die bestellingsbedrag verskil, na die Afdeling Aankope en Voorsieningsdienste vir kontrolering en verdere hantering. Indien voornemende reisigers nie vertroud is met lugreisreëlings nie, skakel eers die Afdeling Aankope en Voorsieningsdienste (tel: 000-000 0000). Motorhuurbesprekings Huur van voertuie vir amptelike gebruik 6.2.1 Rekeningnommer 1153, Xxxx- en Verblyfkoste, moet in alle gevalle gebruik word by die bespreking van gehuurde voertuie vir amptelike gebruik. 6.2.2 Die volgende reëls geld in alle gevalle waar voertuie gehuur word vir amptelike gebruik, ongeag die kostepunt (universiteitsfondse, navorsingsfondse of fondse wat self gegenereer is – sogenaamde “eie fondse”) waarteen die uitgawe aangegaan word: Die Universiteit is kontraktueel verbind om voertuie slegs by die volgende diensverskaffers te huur: Budget Rent a Car SA Europcar Xxxxx Xxxx Tariewe vir die huur van voertuie vir amptelike gebruik is op aanvraag by die Afdeling Aankope en Voorsieningsdienste beskikbaar. Slegs voertuie in die Ekonomiese Klas mag huur word, by Budget klasse P, M, B, C, I en N, Hertz klasse A, T, B, U, N en C, Avis klasse A, B, M, C, D, K en N, en by Europcar klasse A, T, B, C, I, V en E. Gemotiveerde xxxxxxxx vir die huur van voertuie in ander (duurder) klasse xxx slegs oorweeg word indien dit deur die betrokke dekaan/hoofdirekteur aanbeveel en vroegtydig op skrif by die Afdeling Aankope en Voorsieningsdienste ingedien word. Geen bespreking vir die huur van ’n voertuig vir amptelike gebruik xxx aanvaar word sonder dat ’n amptelike rekwisisie daarvoor geskep is nie. Die doel van die xxxx en die name van die reisigers moet ten alle tye vermeld word. Die Universiteit xxxxx xxx die reg voor om indien ’n voertuig gehuur word sonder dat ’n amptelike bestelling daarvoor uitgereik is, xx xxxxx om die gebruiker te vergoed vir die koste wat aangegaan is. 6.2.2.4 Gehuurde voertuie vir amptelike gebruik binne landsgrense is onder die Universiteit se omvattende polis verseker teen skade as gevolg van ongelukke en diefstal. Geen addisionele versekering is nodig nie. 6.2.2.5 Die betrokke diensverskaffer moet skriftelike goedkeuring xxxxxxx vir die gebruik van die gehuurde voertuig buite die landsgrense, in xxxxx geval die diensverskaffer se verpligte ongeluk- en diefstalversekeringsdekking uitgeneem moet word. 6.2.2.6 By die aanvaarding van die bespreking in 2.4 hierbo, reik die Afdeling Aankope en Voorsieningsdienste...