EIENDOM IN VOLKOMETOEGEBOUDE GEBOUE Voorbeeld Klousules

EIENDOM IN VOLKOMETOEGEBOUDE GEBOUE. Dekking word uitgebrei om bykomend tot die gevare in A Eiendom in die ope, die volgende gevare in te sluit. 1. storm, wind, water en verwante produkte (terwyl in proses of andersins), hael of sneeu uitsluitend vernietiging of beskadiging van eiendom: (a) voortspruitend uit die ondergaan van enige proses wat noodwendig die gebruik of aanwending van water behels; (b) veroorsaak deur vloedgolf wat uit aardbewing of vulkaniese uitbarsting ontstaan; (c) in enige struktuur wat nie heeltemal toegebou en onder dak is nie tensy spesifiek in die Bylae vermeld. 2. lugvaartuie of ander lugontwerpe of voorwerpe daaruit laat val; 3. botsing deur diere, bome (behalwe vallende bome terwyl kontrakteurs besig is met die fel daarvan), antennas, satellietskottels of voertuie met uitsluiting van skade aan sodanige diere, bome, `antennas, satellietskottels, voertuie of die vrag op sodanige voertuie. Hierdie uitbreiding dek nie die volgende nie : (a) slytasie of geleidelike agteruitgang b) vernietiging of beskadiging veroorsaak of vereger deur: (i) lekkasie of vloeing uit enige sprinkelaar- of storttoestel in die geboue hierkragtens verseker of in geboue wat eiendom bevat wat hierkragtens verseker is; (ii) insakking of grondverskuiwing; (iii) versuim deur die Versekerde om alle redelike voorsorgmaatreëls te tref vir die instandhouding en veiligheid van die versekerde eiendom en vir die beperking van enige vernietiging of skade tot 'n minimum.