Kwantitatiewe en kwalitatiewe navorsingsmetodes Voorbeeld Klousules

Kwantitatiewe en kwalitatiewe navorsingsmetodes. Onderhoude en vraelyste: Du Pont (in Kollat en Xxxxxxx, 1967) het voorgestel dat impulsiewe aankoopgedrag deur middel van voor- en na-aankooponderhoude gemeet kan word. Kollat en Xxxxxxx (1967) het ‘n intensie-tipologie van voor- aankoopbeplanning voorgestel. Die intensie-tipologie is gebaseer op die mate van beplanning wat deur die verbruiker gedoen word of die doel of plan vir die winkelbesoek voordat die verbruiker die xxxxxx binnegaan. Deur middel van die inkoopsentrum-opnamemetode is voor- en na-aankooponderhoude met verbruikers gevoer. Deur middel van hierdie metode is vasgestel watter items impulsief aangekoop is en watter items beplande aankope was, die aard van die aankope is dus bepaal. In ‘n studie wat xxxx Xxxxxxxxx et al. (1978) gedoen is, is die items wat impulsief aangekoop is, gemeet deur die verskil tussen die items wat gelys is tydens die voor-aankooponderhoud en die items wat aangekoop is en tydens die na- aankooponderhoud deur die aankoper geïdentifiseer is. Die verbruikers se antwoord is op ‘n vraelys ingevul. Die resultate van hierdie studie het ook aangedui watter produkkategorieë meer impulsief as ander produkkategorieë aangekoop word. Rook (1987) het ondersoek gedoen na die fenomenologie van impulsiewe aankoopgedrag deur middel van verbruikers se mondelingse selfrapportering. ‘n Minimale mate van struktuur is deur middel van ‘n vraelys gehandhaaf waardeur verbruikers oop-einde vrae xxxx beantwoord. Die vraelyste is met behulp van persoonlike onderhoude en selfvoltooiingstegnieke ingevul. Verbruikers se vertellings het duidelike beelde van tipiese en meer buitengewone impulsiewe aankoopepisodes geskets. Negatiewe subjektiewe verbruikerservarings is ook deur middel van die vertellings geïdentifiseer. Han et al. (1991) het ook van self-administrerende vraelyste gebruik gemaak om verbruikers op elk xxx Xxxxx (1962) se vier impulsiewe aankoopgedragdimensies te vergelyk. Die vrae is gekombineer met veranderlikes xxxx frekwensie van klereaankope, handelsmerk, prys, hoeveelheid van die produk, winkelpromosie, tyd tot die verbruiker se beskikking en metode van betaling om potensiële faktore wat verband hou met impulsiewe aankoopgedrag te kan identifiseer. Xxxxxxx et al. (1995) het in hul studie oor die betekenisdimensies van impulsief aangekoopte items ook vraelyste en persoonlike onderhoudvoering gebruik om te bepaal watter produkte verbruikers kies en verbruik wat die verbruiker se sosiale rol weerspieël. Hierdie navorsers het vraelyste e...