HOOFSTUKSAMEVATTING: HOOFSTUK 1 Voorbeeld Klousules

HOOFSTUKSAMEVATTING: HOOFSTUK 1. Hierdie hoofstuk lê die grondslag vir die tesis. Die breë studieveld waarbinne die studie gaan plaasvind is uitgestip en regverdiging vir die studie is gegee. Die navorsingsprobleem, die oorkoepelende doelstelling asook die doelwitte van hierdie verkennende en beskrywende studie is gestel. Die voorgenome metodologiese benadering is kortliks bespreek. Die strukturering van die studie is kortliks beskryf en die afbakenings is genoem ten einde die omvang van die studie te begrens. In die volgende hoofstuk word op literatuur op die gebied van impulsiewe aankoopgedrag en lewenstyl gefokus om sodoende die literatuurverwante doelwitte van hierdie studie te kan bereik. HOOFSTUK 2 LITERATUURSTUDIE 2.1 INLEIDING Hoofstuk 1 het ‘n inleidende perspektief oor die identifisering van lewenstyl as moontlike verklaring van impulsiewe aankoopgedrag gegee. Die motivering en regverdiging vir die studie, die navorsingsprobleem, die navorsingsmetodologie en beide empiriese en literatuurverwante doelstellings is bespreek. Hoofstuk 2 poog om die literatuurverwante doelstellings van die studie te bereik. Die oorkoepelende doelstelling van hierdie verkennende en beskrywende studie is die identifisering en groepering van studente wat impulsiewe aankoopgedrag openbaar en om hierdie studente se lewenstyl volgens bepaalde lewenstyleienskappe te tipeer. Die literatuur wat in hierdie hoofstuk bespreek word, is deur hierdie doelstelling bepaal. In ooreenstemming met die oorkoepelende doelstelling sluit die fokus van hierdie studie die impulsiewe aankoopgedrag van studente en die lewenstyleienskappe van studente in. Die bevindinge van hierdie studie hou implikasies vir die kleinhandelaar en bemarker in. Die literatuurstudie bied ‘n oorsig oor die literêre raamwerk onderliggend aan die studie. Dit is belangrik vir enige navorsingstudie om ‘n gegronde teoretiese basis te hê wat kan dien as teoretiese vertrekpunt om sodoende die navorsingsinisiatief te ontwikkel en te regverdig. Die konseptuele raamwerk vir die studie is in Hoofstuk 1 gebied en dien as riglyn vir die literatuur wat in hierdie hoofstuk bespreek word. In hierdie betrokke hoofstuk word hoofsaaklik op literatuur op die gebied van impulsiewe aankoopgedrag en lewenstyl gefokus. In die literatuuroorsig oor impulsiewe aankoopgedrag word hoofsaaklik gefokus op die omskrywing, operasionalisering en aard van die konsep en op faktore wat impulsiewe aankoopgedrag beïnvloed. Die meting van impulsiewe aankoopgedrag word kortliks bespreek de...