Kultuur Voorbeeld Klousules

Kultuur. Kultuur oefen ‘n invloed uit op die faktore wat impulsiewe aankoopgedrag beïnvloed (Kacen & Xxx, 2002). Die teorie van individualisme met die fokus op die self, individuele behoeftes, hedonistiese genot, onafhanklikheid en selfvertroue en kollektivisme met die fokus op interafhanklikheid, emosionele beheer, gematigde optrede, groepsbehoeftes, harmonie en konformiteit bied insig in sommige van die veranderlikes wat aan impulsiewe aankoopgedrag gekoppel word. Voorbeelde van sodanige veranderlikes is onder andere selfidentiteit, normatiewe invloede, die onderdrukking van emosie en die uitstel van onmiddellike bevrediging (Kacen & Xxx, 2002; Xxxxxxxxxx & Xxxxxxx, 2000). Kacen en Xxx (2002) het in hul studie bevind dat kulturele faktore ‘n invloed op verbruikers se impulsiewe aankoopgedrag uitoefen en dat kulturele faktore verbruikers se impulsiewe aankoopgedrag modereer. Hierdie navorsers se resultate het aangetoon dat kollektivistiese verbruikers minder impulsief aankoop as individualistiese verbruikers en dat die verband tussen impulsiewe aankoop- geneigdheid en die frekwensie van impulsiewe aankoopgedrag effens swakker was vir kollektivistiese verbruikers as vir individualistiese verbruikers. Mai et al. (2003) het ook in hul studie ‘n positiewe verband tussen impulsiewe aankoopgedrag en ‘n individualistiese oriëntasie bevind. Hulle het egter nie ‘n beduidende negatiewe verband tussen impulsiewe aankoopgedrag en kollektivisme bevind nie. Volgens Xxx et al. (2003) kan die rede vir hierdie bevinding wees dat die veranderende ekonomie in Viëtnam verbruikers se waardes, houdings en verbruikersgedrag beïnvloed en daartoe aanleiding gee dat hierdie verbruikers beide ‘n individualistiese en xxxxxx- tivistiese waarde-oriëntasie begin ontwikkel. Kacen en Xxx (2002) het bevind dat alhoewel kollektivistiese en individualistiese verbruikers se vlakke van impulsiewe aankoopgeneigdheid ‘n mate van ooreenstemming toon, die kollektivistiese verbrui- kers hul impulsiewe aankoopneigings onderdruk en optree in ooreenstemming met hul kulturele norms van emosionele beheer en gematigde optrede en dus hul impul- siewe aankoopgedrag doelbewus verminder. Die faktore wat ‘n invloed op impulsiewe aankoopgedrag uitoefen word skematies in Figuur 2.1 voorgestel. Kultuur Xxx of gemoedstoestand, genotsugtige verbruik, genot van aankope Impulsiewe aankoopgeneigdheid Kultuur IMPULSIEWE AANKOOPGEDRAG Kultuur Normatiewe evaluerings Selfidentiteit en identifisering met die produk Demografiese f...