MEETINSTRUMENTE Voorbeeld Klousules

MEETINSTRUMENTE. Verskeie meetinstrumente om impulsiewe aankoopgedrag te meet word in die literatuur verkry. Vier meetinstrumente word vervolgens kortliks bespreek met verwysing na die psigometriese eienskappe en praktiese toepassings van die instrumente. Han et al. (1991) het ‘n meetinstrument ontwikkel om verskillende aankoopgedrag- dimensies, te wete vier tipes impulsiewe aankoopgedrag asook onbeplande aankoopgedrag, te meet. Xxxxx (1962) se definisie van impulsiewe aankoopgedrag is as teoretiese vertrekpunt vir die instrument gebruik. Die vraelys bestaan uit 15 stellings wat verbruikers se impulsiewe aankoopgedrag van klere asook die mate van beplanning wat met hierdie tipe aankoopgedrag gepaardgaan, meet. Die stellings is gebaseer op navorsing wat op die gebied van impulsiewe aankoopgedrag gedoen is, byvoorbeeld die navorsing xxx Xxxx en Xxxx (1985), Xxxxx (1962) en Xxxxxx (1972). Elke item word op ‘n sewe-punt Likert-tipe skaal gemeet waar 1 baie selde verteen- woordig en 7 baie gereeld verteenwoordig. Die beplande aankoopgedrag-items word omgekeerd gekodeer. Cronbach se koëffisiënt alfa vir beplande impulsiewe aankoopgedrag is .74, vir herinnerings-impulsiewe aankoopgedrag .70, vir mode- georiënteerde impulsiewe aankoopgedrag .86, vir suiwer impulsiewe aankoopgedrag .74 en vir xxxxxxxx xxxxxxxxxxxxx .81. Die koëffisiënt alfa vir algehele impulsiwiteit kan verkry word deur die 12 items van die vier impulsiewe aankoopgedragdimensies en die beplande aankoopgedragdimensie te gebruik. Die meetinstrument het ‘n hoë betroubaarheidstelling van .89. Hierdie meetinstrument is in die huidige studie gebruik. Die items is op ‘n vyf-punt Likert-tipe skaal gemeet waar 1 nooit verteenwoordig en 5 baie gereeld verteenwoordig. Die navorser het egter 10 bykomende items by die bestaande 15 items gevoeg om die impulsiewe aankoopgedrag van studente vir die aankoop van klere te meet. Die resultate van die betroubaarheidsontleding van elk van die aankoopdimensies word in Hoofstuk 4 van hierdie studie weergegee. Han et al. (1991) se instrument is deur verskeie navorsers in hul studies gebruik om die impulsiewe aankoopgedrag van verbruikers vir die spesifieke doeleindes van hul onderskeie studies te meet. Xxxx-Xx en Xxxxx (2002) het vyf van Han et al. (1991) se items in hul studie gebruik. Die items is op ‘n sewe-punt Likert-tipe skaal gemeet waar 1 stem beslis nie saam nie verteenwoordig en 7 stem beslis saam verteenwoordig. Hul toepassing van die vyf items het ‘n betroubaarheidstelling van...