Toevallige skade Voorbeeld Klousules

Toevallige skade. As teenprestasie vir die betaling van 'n bykomende premie word dit hiermee verklaar en ooreengekom dat hierdie afdeling uitgebrei is om die volgende te dek: Toevallige beskadiging van die inhoud anders as oudiovisuele toerusting (xxxx omskryf in terme van uitbreiding 1 van hierdie afdeling van die polis), antennes en satellietskottels op uitwendige wyse weens 'n ongeluk terwyl in die geboue op die perseel Met dien verstande dat: die maatskappy nie aanspreeklik is nie ten opsigte van: (a) (i) brekasie van glas of porselein met inbegrip van erdegoed (ii) skade opgedoen deur slytasie, waardevermindering, muf, roes, motte, ongediertes, insekte, larwes, enige skoonmaak-, repareer- of restoureerproses, kleuring, geleidelike agteruitgang wat die xxxxxxx van lig, atmosferiese- of klimaatstoestande insluit (iii) krapmerke, skaafmerke, induiking of afsplintering (iv) meganiese of elektriese onklaarraking (v) skade aan elektroniese dataverwerkingstoerusting Met dien verstande verder dat: (i) die maatskappy se aanspreeklikheid beperk is tot die bedrag per item vermeld in die bylae maar xxx xxx R10 000 (tienduisend rand) enige enkele gebeurtenis per item oorskry nie (ii) die versekerde verantwoordelik is vir die eerste 10% (tien persent) van die eis met ‘n minimum van R350 (driehonderd en vyftig rand) ten opsigte van iedere en xxxx xxx (b) Besondere voorwaarde 4 - Onderversekering xxx xxx van toepassing wees nie. 5.
Toevallige skade. Die volgende omskrewe gebeurtenis word bygevoeg: “Verlies na onderbreking of belemmering van die besigheid as gevolg van skade wat gedurende die versekeringstydperk by die persele plaasvind ten opsigte waarvan betaling gemaak is of aanspreeklikheid erken is ingevolge omskrewe gebeurtenis (i) van die afdeling toevallige skade van hierdie polis (hierna skade genoem) Met dien verstande dat: (a) die bepaling, ingevolge enige item van hierdie afdeling, dat die betaling dienooreenkomstig verminder word indien die versekerde bedrag van toepassing op die item onvoldoende is, geskrap word ten opsigte van hierdie omskrewe gebeurtenis (b) die maatskappy nie meer betaal as die versekerde bedrag vermeld in die bylae van die afdeling toevallige skade vir beide hierdie afdeling en die afdeling toevallige skade tesame nie”. 7.