Insakking en grondverskuiwing (Beperkte dekking) Voorbeeld Klousules

Insakking en grondverskuiwing (Beperkte dekking). (a) Hierdie afdeling word uitgebrei om verlies of skade aan die inhoud van die privaatwoning veroorsaak deur insakking of rysing van die grond wat die privaatwoning stut of grondverskuiwing in te sluit, met dien verstande dat sodanige verlies of skade nie deur die volgende veroorsaak word of daaruit voortspruit nie: (i) uitgrawings, behalwe mynbou-uitgrawings (ii) veranderings, aanbouings of herstelwerk aan die privaatwoning (iii) die verdigting van opvullings (iv) foutiewe ontwerp, materiaal of vakmanskap (v) normale vestiging, inkrimping of uitsetting van die privaatwoning (b) die versekerde xxx verantwoordelik wees vir die eerste R5 000 (vyfduisend rand) van iedere en xxxx xxx.
Insakking en grondverskuiwing (Beperkte dekking). (a) Hierdie afdeling word uitgebrei om verlies of skade aan die privaatwoning veroorsaak deur insakking of rysing van die grond wat die privaatwoning stut of grondverskuiwing in te sluit, met dien verstande dat sodanige verlies of skade nie deur die volgende veroorsaak word of daaruit voortspruit nie: (i) uitgrawings, behalwe mynbou-uitgrawings (ii) veranderings, aanbouings of herstelwerk aan die privaatwoning (iii) die verdigting van opvullings (iv) foutiewe ontwerp, materiaal of vakmanskap (v) normale vestiging, inkrimping of uitsetting van die privaatwoning (b) die maatskappy is nie vir verlies of skade aan die volgende aanspreeklik nie: (i) soliede vloerblokke of enige ander gedeelte van die privaatwoning as gevolg van die beweging van sodanige blokke, tensy die fondamente wat die buitemure van die privaatwoning of die buitegeboue daarvan ondersteun terselfdertyd deur dieselfde oorsaak beskadig word (ii) swembaddens, tennisbane, patio’s, terrasse, rylane, paaie, septiese of opgaartenks, riole, waterlope, mure, hekke, pilare en heinings, tensy die privaatwoning of die buitegeboue daarvan terselfdertyd deur dieselfde oorsaak beskadig word (c) die maatskappy is nie vir die volgende aanspreeklik nie: werk wat nodig is om verdere vernietiging of skade as gevolg van grondinsakking, -rysing of -verskuiwing te voorkom, behalwe indien toepaslike ontwerpvoorkomingsmaatreëls gedurende die oorspronklike oprigting van die privaatwoning en enige daaropvolgende aanbouings daaraan geïmplementeer is (d) die versekerde xxx verantwoordelik wees vir die eerste R5 000 (vyfduisend rand) van iedere en xxxx xxx. 22.