Verlies van water weens lekke Voorbeeld Klousules

Verlies van water weens lekke. Die maatskappy xxx die versekerde skadeloos stel vir die verlies van water weens lekke uit pype op die versekerde se eiendom waar die versekerde verantwoordelik is om die koste van sodanige water te betaal, onderworpe aan die volgende: (a) indien die kwartaallikse lesing van waterverbruik die gemiddelde van die vooraf-gaande 4 (vier) kwartaallikse lesings met 50% (vyftig persent) of meer oorskry, xxx die maatskappy die versekerde tot en met ‘n perk van R7 500 (seweduisend vyfhonderd rand skadeloos stel vir die koste van sodanige addisionele waterverbruik (b) tot en met R7 500 (seweduisend vyfhonderd rand) is betaalbaar vir hoogstens twee afsonderlike gebeurtenisse gedurende enige versekeringstydperk van 12 (twaalf) maande (c) ‘n opskortende voorwaarde vir aanspreeklikheid kragtens hierdie uitbreiding is dat sodra ‘n lek ontdek is (deur fisiese bewys of na ontvangs van ‘n buitengewone hoë rekening) die versekerde onmiddellike stappe moet doen om die betrokke pyp(e) te herstel (d) hierdie uitbreiding dek nie die koste van regstelling insluitende herstelwerk aan die betrokke pyp(e) nie (e) die maatskappy is nie aanspreeklik vir eise: (i) voortspruitend uit lekkende xxxxx, warmwatertoestelle, toiletstelsels en swembad- dens nie (ii) terwyl die eiendom onbewoon is vir ‘n tydperk van meer as 30 (dertig) dae nie (iii) waar die watervlak van ‘n swembad aangevul moet word as gevolg van ‘n lekkende inlaat- of uitlaatpyp. 14.