Bouveranderings Voorbeeld Klousules

Bouveranderings. Die volgende voorwaardes is van toepassing terwyl die gebou beskryf in die bylae van hierdie afdeling onderhewig is aan bouveranderings en totdat dit finaal voltooi is, maar alleenlik ten opsigte van ‘n eis wat voortspruit uit of veroorsaak word of toeskryfbaar is as gevolg van sodanige bouveranderings: Die volgende onderafdelings is gekanselleer: (a) Onderafdeling C - Verlies van huurgeld (b) Onderafdeling D - Aanspreeklikheid teenoor die publiek (c) Onderafdeling E - Toevallige breekskade van glas en sanitêre ware. 15.