Kwaadwillige beskadiging Voorbeeld Klousules

Kwaadwillige beskadiging. Andersins onderworpe aan die bepalings, voorwaardes, uitsonderings, uitsluitings en waarborge hierin vervat, word hierdie afdeling uitgebrei om skade te dek wat regstreeks veroorsaak word deur of as gevolg van die opsetlike of voorbedagte of moedswillige daad van enige persoon gepleeg met die doel om sodanige skade te veroorsaak, maar behalwe skade aan: 1. roerende eiendom wat: (a) gesteel word (b) beskadig word in 'n poging om dit of 'n gedeelte daarvan te verwyder vanaf enige perseel wat deur die versekerde besit of geokkupeer word 2. roerende of onroerende eiendom wat deur diewe beskadig word terwyl daar in- of uitgebreek word by enige persele wat deur die versekerde besit of geokkupeer word of in 'n poging om daarby in- of uit te breek 3. onroerende eiendom wat deur die versekerde besit of geokkupeer word veroorsaak deur of in verband met of as gevolg van: (a) die verwydering of gedeeltelike verwydering of enige poging daartoe van (b) die sloping of gedeeltelike sloping of enige poging daartoe van die vermelde onroerende eiendom of enige gedeelte daarvan met die doel om enige gedeelte daarvan te steel Met dien verstande dat hierdie onderafdeling nie die volgende dek nie: (a) gevolglike of onregstreekse verlies of skade van enige aard hoegenaamd behalwe verlies aan huurgeld indien dit spesifiek verseker is (b) verlies of skade wat uit algehele of gedeeltelike staking van werk of die vertraging of onderbreking of staking van enige proses of operasie voortspruit (c) verlies of skade veroorsaak deur permanente of tydelike besitsontneming wat uit konfiskering, kommandering of rekwisisie deur enige xxxxxx ingestelde owerheid voortspruit (d) verlies of skade wat betrekking het op of veroorsaak is deur enige gebeurtenis waarna daar in Algemene uitsondering 1(A)(i), (ii), (iii), (iv), (v), (vi) of (vii) van hierdie polis xxxxxx word of die optrede van enige xxxxxx ingestelde owerheid by die beheer, voorkoming of onderdrukking daarvan of terwyl daar op enige xxxxx xxxx gehandel word met enige sodanige gebeurtenis. Indien die maatskappy uit hoofde van (a), (b), (c) of (d) hierbo beweer dat verlies of skade nie deur hierdie versekering gedek word nie rus die las op die versekerde om die teendeel te bewys. Indien enige versekerde gebou vir 30 (dertig) opeenvolgende dae onbewoon gelaat word, word die versekering ingevolge hierdie uitbreiding opgeskort ten opsigte van die geraakte eiendom tensy die versekerde voor die plaasvind van enige skade die skriftelike toestem...