Passiewe oorlogsdekking Voorbeeld Klousules

Passiewe oorlogsdekking. (Indien in die bylae as ingesluit vermeld) As teenprestasie vir die betaling van ‘n bykomende premie en nieteenstaande enigiets strydig hierin vermeld word hierdie afdeling uitgebrei om dekking te verleen aan sodanige persoon veroorsaak deur toevallige, gewelddadige, uitwendige en sigbare middels voortspruitend uit oorlog, inval, daad van ‘n buitelandse vyand, vyandelikhede of krygsverrigtinge (hetsy oorlog verklaar word al xxx xxx) burgeroorlog, revolusie, rebellie, opstand, militêre of geüsurpeerde gesag, terroristeaktiwiteite insluitende ploftoestelle deur terroriste geplaas. Dit verder verstaan word dat terroristeaktiwiteite beteken die doelbewuste sistematiese moord, verminking en bedreiging van onskuldiges met die doel xx xxxxx te bevorder ten einde politiese doeleindes te behaal, maar uitgesonderd enige aanspreeklikheid wat ontstaan terwyl sodanige persoon direk en aktief deelneem of betrokke is in sodanige aktiwiteite hetsy terwyl diens gedoen word in enige gewapende mag of andersins behalwe vredestydse militêre opleiding al xxx xxx, waar van toepassing, uitgesonderd egter enige optrede of aksie wat redelikerwys nodig is om homself/ haarself, sy/haar familie of sy/haar eiendom of die eiendom van sy/haar werkgewer te beskerm. 9.