Vereistes van openbare owerhede Voorbeeld Klousules

Vereistes van openbare owerhede. Hierdie afdeling is uitgebrei om sodanige bykomende herstelkoste of herboukoste van die vernietigde of beskadigde eiendom hierkragtens verseker in te sluit as wat aangegaan mag word alleenlik as gevolg van die noodsaaklikheid om aan bou- of ander regulasies kragtens of gemaak ingevolge enige parlementswet of verordeninge van enige provinsiale, munisipale of ander plaaslike owerheid te voldoen Met dien verstande dat: 1. die bedrag ingevolge hierdie klousule verhaalbaar, nie die volgende insluit nie: (a) die koste aangegaan om te voldoen aan enige van die voornoemde verordeninge: (i) ten opsigte van vernietiging of skade wat plaasgevind het voor hierdie klousule toegestaan is (ii) ten opsigte van vernietiging of skade wat nie deur hierdie afdeling verseker is nie (iii) waarkragtens kennis aan die versekerde gegee is voor die vernietiging of skade plaasgevind het (iv) ten opsigte van onbeskadigde eiendom of onbeskadigde gedeeltes van eiendom, behalwe fondamente (tensy fondamente spesifiek uitgesluit word by hierdie versekering) van die xxxx wat beskadig is (b) die bykomende koste wat vereis sou word om die beskadigde of vernietigde eiendom te herstel tot 'n toestand gelyk aan die toestand daarvan toe dit nuut was indien die noodsaaklikheid om aan enige van die voornoemde verorde-ninge te voldoen, nie ontstaan het nie (c) die bedrag van enige eiendomsbelasting, belasting, heffing, uitbreiding of enige ander heffing of waardasie wat ontstaan uit kapitale waardevermeerdering wat betaalbaar mag wees ten opsigte van die eiendom, of deur die eienaar daarvan, as gevolg van die xxxx dat aan voorgenoemde verordeninge voldoen xxxx word 2. die herstelwerk of herbouwerk met redelike spoed 'n aanvang moet neem en uitgevoer moet word en in elk geval voltooi moet word binne twaalf maande na die vernietiging of skade of binne sodanige verdere tydperk as wat die maatskappy (gedurende die gemelde twaalf maande) skriftelik mag toestaan en mag in die geheel of gedeeltelik op 'n ander terrein uitgevoer word (indien die voornoemde verordeninge dit aldus verplig) onderworpe daaraan dat die aanspreeklikheid van die maatskappy ingevolge hierdie klousule nie daardeur verhoog word nie 3. indien die aanspreeklikheid van die maatskappy ingevolge hierdie afdeling, afgesien van hierdie klousule, deur die toepassing van enige van die bepalings of voorwaardes van hierdie afdeling verminder word, word die aanspreeklikheid van die maatskappy ingevolge hierdie klousule in dieselfde verhouding v...
Vereistes van openbare owerhede. 6.3.11. Ons vergoed u tot en met die perk aangedui in die skedule vir die redelike koste van herstelwerk of herbouing om aan die vereistes van die openbare owerhede te voldoen. 6.3.12. e herstelwerk of herbouing moet die gevolg wees van verlies of skade aan die Privaathuis weens 'n Versekerde gebeurtenis. 6.3.13. Ons vergoed u nie vir vereistes van openbare owerhede met betrekking tot gebrekkige vakmanskap, ontwerp, beplanning of spesifikasies nie.