Handelsvoorraad en toerusting Voorbeeld Klousules

Handelsvoorraad en toerusting. As teenprestasie vir die betaling van 'n bykomende premie word dit hiermee verklaar en ooreengekom dat hierdie afdeling uitgebrei is om die volgende te dek: Verlies of skade aan handelsvoorraad en toerusting terwyl in die geboue xxxx omskryf in die bylae veroorsaak deur 'n versekerde gevaar xxxx omskryf in onderafdeling A - Eiendom gevaar 1 tot 9 alleenlik Met dien verstande dat: (a) die handelsvoorraad en toerusting moet verband hou met die tuisnywerheid xxxx omskryf in die bylae en wat die versekerde bedryf vanaf die persele xxxx omskryf in die bylae (b) enige deelnemer in die tuisnywerheid xxxx omskryf in die bylae en wat die versekerde bedryf vanaf die genoemde persele moet in die bylae vermeld word. 7.