Wat ons nie verseker nie Voorbeeld Klousules

Wat ons nie verseker nie. Xxxx xxxx sekere persone 5.5.1 Ons vergoed nie vir Aanspreeklikheid wat geëis word deur enige van die volgende persone nie: 5.5.1.1 u of enige lid van u familie wat gewoonlik saam met u xxx; 5.5.1.2 u direkteure, lede, trustees, begunstigdes en lede van hulle families wat gewoonlik saam met hulle xxx (indien u ’n maatskappy, beslote korporasie of trust is); 5.5.1.3 u werknemers, behalwe huishoudelike werknemers, wat in die bestek van hul diens met u optree ten tye van die gebeurtenis. Aanspreeklikheid met betrekking tot eiendom bewaar of beheer deur sekere persone 5.5.2 Ons vergoed nie vir Aanspreeklikheid met betrekking tot verlies van of skade aan eiendom wat besit, bewaar of beheer word deur enige van die volgende persone nie: 5.5.2.1 u of enige lid van u familie wat gewoonlik saam met u xxx; 5.5.2.2 u direkteure, lede, trustees, begunstigdes en lede van hulle families wat gewoonlik saam met hulle xxx (indien u ’n maatskappy, beslote korporasie of trust is); 5.5.2.3 enige werknemer wat in die bestek van hul diens met u optree ten tye van die gebeurtenis. Aanspreeklikheid met betrekking tot u werk, besigheid en eiendom 5.5.3 Ons vergoed nie vir Aanspreeklikheid met betrekking tot die volgende nie: 5.5.3.1 u diens, besigheid of beroep; 5.5.3.2 u eienaarskap of besetting van grond of geboue; 5.5.3.3 lugvaartuie, voertuie of watervaartuie (xxxx beskryf in die Motor- en Watervaartuigafdelings) wat u of u huishoudelike werknemers besit, bewaar of beheer behalwe modellugvaartuie, branderplanke of roeiski’s. Aanspreeklikheid wat ontstaan u it ’n kontrak 5.5.4 Ons vergoed nie vir Aanspreeklikheid wat ontstaan uit ’n kontrak wat u aangegaan het nie, tensy u aanspreeklik sou gewees het as daar geen kontrak was nie, behalwe vir kontrakte aangegaan met sekuriteits-, gewapende reaksie- of tuindiensmaatskappye ingevolge hierdie afdeling. Aanspreeklikheid met betrekking tot ondersteuning van eiendom 5.5.5 Ons vergoed nie vir Aanspreeklikheid met betrekking tot vibrasie, verwydering, verswakking of inmenging met die ondersteuning van enige grond, gebou of ander eiendom nie. Beslissings of skikkings ingevolge VSA- of Kanadese reg 5.5.6 Ons vergoed nie vir: 5.5.6.1 enige beslissing of skikking gemaak in xxxxx wat die reg van die VSA of Kanada volg nie; 5.5.6.2 enige bevel gemaak om ’n beslissing of skikking wat in die VSA of Kanada gemaak is, af te dwing nie. Boetes en strawwe 5.5.7 Ons vergoed nie vir enige bestraffende skadevergoeding, boetes of strawwe waarvoor u aansp...
Wat ons nie verseker nie. Ingevolge die Motorafdeling vergoed ons u nie vir eise vir enige van die volgende nie: 9.11.1. waardevermindering wat voortspruit uit herstelwerk na ’n versekerde gebeurtenis; 9.11.2. slytasie, meganiese, elektroniese of elektriese onklaarraking, onderbreking of brekasies; 9.11.3. skade veroorsaak deur roes, muf, wegvreting of agteruitgang; 9.11.4. skade veroorsaak deur motte of ander insekte of hul larwes, ongediertes en knaagdiere; 9.11.5. skade kwaadwilliglik veroorsaak aan buitebande, of deur rem te trap of deur verwringing van die buiteband, of deur lekplekke, snye of barste veroorsaak deur padgevare; 9.11.6. enige owerheid wat die voertuig of enige xxxx van die voertuig wettiglik in besit neem of daarop beslag lê; 9.11.7. enige gebeurtenis wat plaasvind buite die xxxxx waar u verseker is (sien Algemene afdeling), behalwe terwyl die voertuig op water vervoer word tussen hawens in hierdie xxxxx; 9.11.8. die voertuig word bestuur of gebruik in enige van die volgende omstandighede: 9.11.8.1. sonder ’n voertuiglisensie wat geldig is in die land waar die voertuig gebruik word; 9.11.8.2. terwyl u, of enige xxxxx xxxxxxx met u toestemming, die voertuig bestuur sonder 'n bestuurders- of leerlinglisensie wat geldig is in die land waar die voertuig gebruik word; of indien u, of enige xxxxx xxxxxxx met u toestemming, nie die wette wat op lisensies van toepassing is, nakom nie; 9.11.8.3. terwyl u die voertuig bestuur onder die invloed van alkohol of verdowingsmiddels, of u die voertuig bestuur wanneer u bloed- alkoholvlak oor die wettige limiet is; 9.11.8.4. terwyl enige xxxxx xxxxxxx die voertuig met u toestemming bestuur, en met u wete onder die invloed van alkohol of verdowingsmiddels is, of hul bloed-alkoholvlak oor die wettige limiet is; 9.11.8.5. terwyl die voertuig in 'n toestand is wat nie aan die Padverkeers- ordonnansies van Suid-Afrika, of soortgelyke wetgewing wat van toepassing is in die land waar die voertuig bestuur word, voldoen nie. 9.12.
Wat ons nie verseker nie. 4.4.1. Ons vergoed u nie vir enige van die volgende nie: 4.4.1.1. diefstal van geld en onderhandelbare instrumente behalwe uit die Huis en Buitegeboue. U moet bewys dat daar sigbare tekens van geforseerde toegang of uitgang was; 4.4.1.2. diefstal of poging tot diefstal uit die Huis en Buitegeboue terwyl dit uitgeleen, verhuur of onderverhuur was, xxxxx xxxx sigbare tekens van geforseerde toegang tot of uitgang uit die Huis en Buitegeboue is; 4.4.1.3. diefstal of poging tot diefstal uit die Huis en Buitegeboue terwyl dit ’n skouhuis was xxxxx xxxx sigbare tekens van geforseerde toegang tot of uitgang uit die Huis en Buitegeboue is; 4.4.1.4. verlies van of besering aan diere behalwe die diere wat spesifiek in hierdie afdeling beskryf is. 4.4.1.5. verlies van of skade aan of diefstal of poging tot diefstal van: 4.4.1.5.a. meer as een goue muntstuk, xxxx- en muntversamelings; 4.4.1.5.b. selfone; 4.4.1.5.c. motorvoertuie insluitend hul vaste toebehore; 4.4.1.5.x. xxxxxxxxx en sleepwaens insluitend hul vaste toebehore; 4.4.1.5.e. lug- of watervaartuie en hul vaste toebehore en toerusting (nie ’n branderplank of roeiski’s nie); 4.4.1.6. verlies van of skade voortspruitend uit: 4.4.1.6.x. xxxxxxxx, roes, muf, wegvreting of agteruitgang; 4.4.1.6.b. waardevermindering of enige geleidelik werkende oorsaak; 4.4.1.6.c. die uitwerking van lig of klimaatstoestande; 4.4.1.6.d. elektroniese, elektriese of meganiese onklaarraking, brekasie of weiering; 4.4.1.6.x. xxxxx of ander insekte of hul larwes, ongediertes of knaagdiere; 4.4.1.7. handelsvoorraad wat u besit of waarvoor u verantwoordelik is; 4.4.1.8. verlies van of skade aan Huishoudelike Goedere wat meer spesifiek elders in hierdie polis verseker is; 4.4.1.9. verlies of skade of brekasie gedek deur ’n vervaardiger se koopooreenkoms, waarborg of dienskontrak; 4.4.1.10. verlies of skade weens diefstal of poging tot diefstal, xxxxx xxxx sigbare tekens van geforseerde toegang tot of uitgang uit die Huis of Buitegeboue is terwyl die Privaathuis opknappings of strukturele verbouings ondergaan. 4.5.
Wat ons nie verseker nie. Ons betaal nie die premies vir hierdie polis vir oorbodigheid of uitdiensstelling in die volgende gevalle nie: 17.4.1 u het nie enige premies verskuldig op hierdie polis betaal nie; 17.4.2 u oorbodigheid of uitdiensstelling vind plaas binne die eerste 90 dae vanaf die begindatum van hierdie afdeling; 17.4.3 u aanvaar vrywillige uitdiensstelling; 17.4.4 u is werkloos omdat u afgetree of bedank het; 17.4.5 u is werkloos omdat u swanger is of geboorte gaan skenk; 17.4.6 u werk is seisoengebonde; 17.4.7 u vastetermynkontrak het tot ’n einde gekom, of u het die werk waarvoor u spesifiek indiens geneem is, klaargemaak; 17.4.8 u het u werk verloor omdat u skuldig bevind is aan bedrog, oneerlikheid of enige wangedrag; 17.4.9 u het u werk verloor weens enige onwettige staking waaraan u deelgeneem het of enige uitsluiting deur u werkgewer; 17.4.10 u het van u werk gedros. Om te dros beteken om u werk op ’n geheime of skielike manier te verlaat; 17.4.11 u werk in die informele sektor; en 17.4.12 u werk vir uself. 17.5
Wat ons nie verseker nie. Verlies of skade veroorsaak deur of weens: 6.4.1. Elektroniese, elektriese of meganiese onklaarraking, brekasie of weiering. 6.4.2. Xxxx, verwering of muf. 6.4.3. Motte of ander insekte of hul larwes, ongediertes en knaagdiere; 6.4.4. Slytasie of ander geleidelik werkende oorsake.