Insakking en grondverskuiwing. As teenprestasie vir die betaling van 'n bykomende Premie word hierdie Afdeling uitgebrei om die volgende te dek: Verlies of skade veroorsaak deur insakking en grondverskuiwing Met dien verstande dat: die Versekerde verantwoordelik xxx xxxx vir die eerste R5 000 (vyfduisend rand) ten opsigte van iedere en xxxx xxx. Hierdie Bedrag geld kumulatief tot enige ander Eerste Bedrag Betaalbaar wat van toepassing mag wees. Vir die doeleindes hiervan word enige skade geag skade deur brand veroorsaak te gewees het Met dien verstande dat: hierdie endossement dek nie: (a) skade aan riole, waterlope, grensmure, tuinmure, keermure, stutmure, hekke, pilare of heinings tensy dit spesifiek verseker word (b) skade veroorsaak deur of toeskryfbaar aan: (i) foutiewe ontwerp of konstruksie van of verwydering of verswakking van ondersteuning van enige Gebou op die versekerde persele (ii) werksmense in die uitvoering van enige strukturele veranderings, aanbouings of herstelwerk aan enige Gebou op die versekerde persele (iii) uitgrawings bogronds of ondergronds, behalwe in die loop van mynbedrywig-hede (c) gevolglike verlies of gevolglike skade van enige aard hoegenaamd, behalwe verlies van huur indien spesifiek onder hierdie Afdeling verseker. In enige geregtelike aksie, geding of ander verrigtinge waar die Maatskappy beweer dat skade uit hoofde van hierdie endossement nie deur hierdie Versekering gedek word nie, rus die las op die Versekerde om die teendeel te bewys. INSURE Huisbewoners Omskrewe gebeurtenisse 1. Verlies van of skade aan die geheel of ‘n gedeelte van die Versekerde Eiendom veroorsaak deur enige van die gevare wat in Onderafdeling A - Eiendom gespesifiseer word onderhewig aan spesifieke voorwaardes ten opsigte van gevare 8 en 9 - diefstal. 2. Verlies en/of bykomende uitgawes omskryf in Onderafdeling B - Huurgeld. Omskrywing Versekerde Eiendom beteken: (i) huishoudelike goedere en persoonlike besittings (insluitende geld en verhandelbare instru- mente tot en met R2 500 (tweeduisend vyfhonderd rand)) (ii) besigheidsgoedere en toerusting: (a) tot R50 000 (vyftigduisend rand) of 10% (tien persent) van die Versekerde Bedrag vermeld in die bylae, watter ookal die minste is (b) uitgesluit enige elektroniese dataverwerkingstoerusting of handelsvoorraad en toerus-ting wat verband hou met ‘n tuisnywerheid en vaste toerusting en toebehore (nie die eienaar se vaste toerusting en toebehore nie) die Eiendom van die Versekerde of waarvoor die Versekerde aanspreeklik is of Eiendo...
Insakking en grondverskuiwing. As teenprestasie vir die betaling van 'n bykomende premie word hierdie afdeling uitgebrei om die volgende te dek: Verlies of skade veroorsaak deur insakking en grondverskuiwing Met dien verstande dat: die versekerde verantwoordelik xxx xxxx vir die eerste R5 000 (vyfduisend rand) ten opsigte van iedere en xxxx xxx. Hierdie bedrag geld kumulatief tot enige ander eerste bedrag betaalbaar wat van toepassing mag wees. Vir die doeleindes hiervan word enige skade geag skade deur brand veroorsaak te gewees het Met dien verstande dat: hierdie endossement dek nie: (a) skade aan riole, waterlope, grensmure, tuinmure, keermure, stutmure, hekke, pilare of heinings tensy dit spesifiek verseker word (b) skade veroorsaak deur of toeskryfbaar aan: (i) foutiewe ontwerp of konstruksie van of verwydering of verswakking van ondersteuning van enige gebou op die versekerde persele (ii) werksmense in die uitvoering van enige strukturele veranderings, aanbouings of herstelwerk aan enige gebou op die versekerde persele (iii) uitgrawings bogronds of ondergronds, behalwe in die loop van mynbedrywig-hede (c) gevolglike verlies of gevolglike skade van enige aard hoegenaamd, behalwe verlies van huur indien spesifiek onder hierdie afdeling verseker. In enige geregtelike aksie, geding of ander verrigtinge waar die maatskappy beweer dat skade uit hoofde van hierdie endossement nie deur hierdie versekering gedek word nie, rus die las op die versekerde om die teendeel te bewys. INSURE Huisbewoners Omskrewe gebeurtenisse 1. Verlies van of skade aan die geheel of ‘n gedeelte van die versekerde eiendom veroorsaak deur enige van die gevare wat in onderafdeling A - Eiendom gespesifiseer word onderhewig aan spesifieke voorwaardes ten opsigte van gevare 8 en 9 - diefstal. 2. Verlies en/of bykomende uitgawes omskryf in onderafdeling B - Huurgeld. Omskrywing Versekerde eiendom beteken: (i) huishoudelike goedere en persoonlike besittings (insluitende geld en verhandelbare instru- mente tot en met R2 500 (tweeduisend vyfhonderd rand)) (ii) besigheidsgoedere en toerusting: (a) tot R50 000 (vyftigduisend rand) of 10% (tien persent) van die versekerde bedrag vermeld in die bylae, watter ookal die minste is (b) uitgesluit enige elektroniese dataverwerkingstoerusting of handelsvoorraad en toerus-ting wat verband hou met ‘n tuisnywerheid en vaste toerusting en toebehore (nie die eienaar se vaste toerusting en toebehore nie) die eiendom van die versekerde of waarvoor die versekerde aanspreeklik is of eiendom...