VRYWARING Voorbeeld Klousules
VRYWARING. Die Eienaar probeer om die woonstel ordentlik te onderhou. Die huurder kom hiermee ooreen om die Eienaar onmiddellik in ▇▇▇▇▇▇ ▇▇ stel van enige onderhoudsprobleme, sodat die situasie so gou moontlik uitgesorteer kan word. Die Eienaar is nie verantwoordelik vir enige ongerief wat mag voortkom as gevolg van omstandighede buite sy beheer nie. Dit sluit in, maar is nie beperk nie, tot bv die ▇▇▇▇▇ wat nie werk nie, konstruksie, meganiese probleme van toebehore, swak weersomstandighede, verpligte ontruiming ens. Geen terugbetalings ▇▇▇ gedoen word vir omstandighede buite die Eienaar se beheer nie. Die Eienaar ▇▇▇ ▇▇▇ verantwoordelik gehou word vir enige beserings van huurders of hul gaste agv handeling van genoemde partye nie. Die Eienaar is ook nie verantwoordelik vir enige diefstal of skade aan die huurder se eiendom tydens die verblyftydperk nie. Hiermee verklaar die huurder dat hy/sy bogenoemde ooreenkoms gelees en verstaan het, en hom/haarself daardeur verbind tot die nakoming van alle terme, voorwaardes en reëls sonder voorbehoud.
VRYWARING. Die Kliënt vrywaar GWK onvoorwaardelik van enige skade en/of verlies, van watter aard ook al, en hoe dit ook al mag ontstaan, ▇▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇ of indirek, ongeag deur wie dit veroorsaak is.
VRYWARING. Die belasting inligting in paragraaf 7 is bedoel om u op hoogte ▇▇ ▇▇▇ van die veranderinge en is nie bedoel om ’n omvattende verklaring van die Wet ▇▇ ▇▇▇▇ nie. Dit mag nie as ’n substituut vir spesifieke belastingadvies ▇▇▇▇ ▇▇▇. Konsulteer die SAID of u ouditeur indien enige twyfel in ’n ▇▇▇▇ bestaan. Geen aanspreeklikheid word vir enige foute, weglating of opinies in hierdie dokument vervat, aanvaar nie. Die toepaslike IRP5-kodes vir sterftedekking en ongeskiktheidsdekking word jaarliks deur SAID verander. Hou hul kennisgewings in dié verband dop. ** Bylae A ** VOORDELE EN VERPLIGTINGE VANAF 1 MAART 2018 Risikosalaris = maksimum traktement plus diensbonus per jaar: R411 880,00 (voorsiening van 7% ingesluit) 1. STERFTEVOORDELE T.O.V. DOOD VOOR AFTREDE 4x Risikosalaris verpligte sterftedekking R1 647 520,00 Opsionele buigsame sterftedekking x1 (Totaal 5x Risikosalaris) R2 059 400,00 X2 (Totaal 6x Risikosalaris) R2 471 280,00 X3 (Totaal 7x Risikosalaris) R2 883 160,00 X4 (Totaal 8x Risikosalaris) R3 295 040,00 X5 (Totaal 9x Risikosalaris) R3 706 920,00 X6 (Totaal 10x Risikosalaris) R4 118 800,00 X7 (Totaal 11x Risikosalaris) R4 530 680,00 X8 (Totaal 12x Risikosalaris) R4 942 560,00 Volle Fondskrediet (opgelope waarde in die Pensioenfonds) word uitbetaal. 2. ONGESKIKTHEIDSVOORDELE Minimum Jaarlikse inkomste (66,67% x Risikosalaris) R 274 600,00 Maksimum jaarlikse voordeel, onderhewig aan versekeraar se kriteria R 377 570,00 (91,67% x Risikosalaris) Enkelbedrag uit Groepskema onderhewig aan sekere voorwaardes R1 235 640,00 3. GADEVERSEKERING Indien van toepassing R 411 880,00 4. BYDRAES 4.1 Verpligtinge van gemeente Per predikantspos 16,8% Bydraevlak 19,2% Bydraevlak 21,5% Bydraevlak Kontribusie (p.m.) (Versterkingsfonds) R5 767,00 R6 591,00 R7 380,00 50% premie (Groepversekering) R 160,00 R 160,00 R 160,00 R5 927,00 R6 751,00 R7 540,00 Die VGK se gemeentes het volgens eie keuse nie ▇▇▇▇ aan die Versterkingsfonds nie met die gevolg dat hul kontribusie slegs R4 325,00 p.m. (op 16,8% vlak) is. Groepversekering ten bedrae van R160,00 p.m. moet egter bygevoeg word. 4.2 Verpligtinge van leraar(s) 4.2.1 Persoonlike bydraes (per maand) Ouderdom aan begin van 2018 7,5% Bydraevlak 9,375% Bydraevlak 11,250% Bydraevlak Tot 34 R1 667,00 R2 084,00 R2 500,00 35 R1 768,00 R2 210,00 R2 652,00 36 R1 869,00 R2 336,00 R2 803,00 37 R1 970,00 R2 462,00 R2 954,00 38 R2 070,00 R2 588,00 R3 105,00 39 R2 171,00 R2 714,00 R3 257,00 40 R2 272,00 R2 840,00 R3 408,00 41 R2 373,00 R2 96...
VRYWARING. Hierdie beleidsdokument, enige bybehorende aanhangsel(s) en enige regte hieraan verbonde is die eiendom van SAAI, tensy die konteks duidelik anders aandui. Dit is vertroulik, privaat en slegs bedoel vir die geadresseerde, en mag slegs deur die geadresseerde gebruik word vir die spesifieke doel waarvoor die beleidsdokument aangevra is. Die geadresseerde moet alle persoonlike inligting wat hierdeur tot sy of ▇▇▇▇ ▇▇▇▇▇▇ of in sy of haar besit kom as vertroulik hanteer en mag dit nie openbaar maak sonder die instemming van SAAI nie. SAAI aanvaar geen enkele verantwoordelikheid vir enige verlies of skade, op watter ▇▇▇▇▇▇ ook al opgedoen of gely, wat voortvloei uit, of die gevolg is van, die gebruik van die inligting in hierdie beleidsdokument of enige aanhangsel(s) daarvan. Inleiding 4 Vrywaring en beperking van aanspreeklikheid 4 Privaatheid 5 Koekies 5 Intellektuele eiendom 5 Toestemming om skakels ▇▇ ▇▇▇▇▇ na SAAI se webtuiste of -portaal 5 Skakels na webwerwe van derde partye 6 Algemene sake 6
VRYWARING. Die Versekerde vrywaar hiermee en stel die Versekeraar, Administrateur, Prokureur en hulle diensverskaffers skadeloos ten aansien van enige en/of alle skade, insluitende gevolgskade, voortspruitend uit:
16.1 enige versuim om die Versekeraar en/of die Administrateur tydig van enige inligting te voorsien, insluitende die opdatering van veranderde persoonlike- en kontakbesonderhede;
16.2 gebruikmaking van enige voordele verbandhoudend met die Polis, insluitende verkryging van telefoniese regsadvies of regsdokumente;
16.3 die hantering, oorweging en beslissing van enige Eis;
16.4 versuim om enige sperdatums aan die Versekeraar, Administrateur, Prokureur of hulle diensverskaffers tydig te openbaar, insluitende datums van verjaring van Versekerde Gebeurtenisse of Regsgedinge.
16.5 enige optrede van die Prokureur, insluitende hantering van enige Regsgeding.
VRYWARING. Die Huurder onderneem hierby om die ▇▇▇▇, ▇▇ amptenare en werknemers te vrywaar en gevrywaar ▇▇ ▇▇▇ teen alle gedinge, stappe, eise en vorderings, koste, skadevergoeding en uitgawes wat geheg, gebring of gemaak mag word teen die Raad of wat die Raad betaal, opdoen of aangaan as gevolg van enige nalatige handeling aan die ▇▇▇▇ van die Huurder, sy werknemers of persone wat ▇▇▇▇▇ ▇▇ beheer handel.
VRYWARING. Elke lid, amptenaar of werknemer van die Stigting ▇▇▇ gevrywaar word deur die Stigting teen alle kostes, verliese, en uitgawes wat hy of sy aangegaan het of aanspreeklik gehou word as gevolg van handelinge deur hom of haar in die uitvoer van hul pligte, tensy die verlies ter sprake veroorsaak is deur growwe nalatigheid, oneerlikheid of verbreking van vertroue.
VRYWARING. PERSONE WAT DIE DORPSGEBIED BETREE, AANVAAR DIE GEDRAGSREËLS EN DIE VOORWAARDES WAT AANSPREEKLIKHEID VAN DIE HEV UITSLUIT
VRYWARING. 6.1 Sonder benadeling van die waarborge en voorstellings in die ooreenkoms vervat, of die regte en regsmiddele tot die beskikking van die KOPER en/of MAATSKAPPY, vrywaar die VERKOPER hiermee die KOPER teen –
(a) enige verpligting van die MAATSKAPPY, wat op enige wyse bestaan of ontstaan voor of ten opsigte van die periode voor die ondertekenings datum;
(b) alle eise, verpligtinge, skade, verliese en/of tekorte wat deur die KOPER en/of die MAATSKAPPY gely is of word deur ‘n verbreking en/of nie-nakoming van enige van die waarborge en/of ander voorstellings in die ooreenkoms vervat;
(c) alle belastings, insluitende boete- en renteverpligtinge, ▇▇▇ ▇▇▇▇▇ aard ookal, wat deur die MAATSKAPPY (of die KOPER as aandeelhouer van die MAATSKAPPY) betaalbaar word of teen hulle gehef word as gevolg van die her-opening deur die Kommissaris van Binnelandse Inkomste van enige belastingaanslag ▇▇▇ ▇▇▇▇▇ aard ookal teen die MAATSKAPPY ten opsigte van enige tydperk voor die ondertekenings datum;
(d) alle koste, op prokuruer-en-kliënt skaal, van enige verset ingevolge paragraaf 6.2 teen betaling van sodanige eise en/of belasting.
VRYWARING. Ek vrywaar hiermee OVK en stel OVK vry van enige en alle eise en skade voortspruitend uit hierdie mandaat en/of enige transaksie voortspruitend tussen myself en die verkoper van aandele.
