Slot Voorbeeld Klousules

Slot. Die twee jeugromans oor gebeure op ’n slaweskip is ’n belangrike stem oor ’n tragiese geskiedenis. Ten spyte van die gruwel van slawerny wat ontstellend vir die jong leser kan wees, is dit egter iets waaraan hulle herinner moet word. In hierdie verband is die opmerking van Sarah Jordan (2004:202) oor Hollocaust- jeugliteratuur van belang: “Initially it is important to shield them from what is often a disturbing truth, but eventually children do need to be educated about what happened so that they can prevent its happening again”. Wat die outeurs reggekry het, is om ’n stuk geskiedenis van slawerny op aangrypende wyse vir die jong gemoed voor die geestesoog te roep. Deur die gebruik van die fokalisasie van die kind, die subtiele teenoormekaarplasing van die perspektiewe van die kind teenoor dié van die volwassene en die skep van opposisie tussen positiewe en negatiewe eienskappe word die jong leser bewus gemaak van die gruwels van slawerny. Sodoende vervul die tekste ’n belangrike didaktiese rol. Die stories van die tienduisende kinders wat tans aan moderne slawerny uitgelewer is en die slagoffers van mensehandel is, moet nog vertel word. Dit is ’n gegewe wat jeugliteratuur vir ons kan ontsluit. Bronnelys Universiteit van Wes-Kaapland Balai, Leo. 2013. Slavenschip Leusden: moord aan de monding van de Marowijnerivier. Zutphen: Walburg Pers. Cooper, Helene. 2015. Grim history traced in sunken slave ship found off South Africa. New York Times, 31 Mei 2015. Aanlyn beskikbaar: xxxx://xxx. xxxxxxx.xxx/0000/00/00/xxxxx/xxxxxx/xxxxxxxx-xxxxxxx-xxxxxx-xx-xxxxxx- slave-ship-found-off-south-africa.html. Geraadpleeg, 3 Julie 2015. De Kater, Jan. 2014. Resensie oor Tutuba – het meisje van het slavenschip Leusden. Aanlyn beskikbaar: xxxx://xxx.xxxxxxxxxxxxxxxxx.xx/xxxxxx-xxx-xxxxxx-xxx- het-slavenschip-leusden-cynthia-mc-leod/. Geraadpleeg, 21 November 2016. Jordan, Sarah D. 2004. Educating without overwhelming: authorial strategies in Children’s Holocaust literature. Children’s Literature in Education 35 (3): 199- 218. Lathey, Gillian. 2005. Autobiography and history: literature of war. In: Reynolds, Kimberley (red.). Modern Children’s Literature: An Introduction. New York: Pagrave Macmillan. p. 58-73. McLeod, Cynthia. 2013. Tutuba – het meisje van het slavenschip Leusden. Schoorl: Uitgeverij Conserve. Nuyens, André & Nienke. 2009. De gestrande Meermin of de opstand op een slavenschip van de VOC. Zeist: Christofoor. Pinsent, Pat. 2002. “Bone and blood a slave”: the cons...
Slot. Taal is wat ons praat, nie wat ons skryf nie, word aksiomaties in die taalkunde aanvaar. Die Afrikaans wat ons praat, is die Afrikaans wat al voor die koms van Jan van Riebeeck in die monde van die Kaapse bevolking vorm begin aanneem het; Afrikaans is aangeleerde Nederlands, nie aangebore Nederlands nie. Afrikaans ontstaan uit Nederlands as teikentaal vir die koloniale Kaap, nie as brontaal nie. Noordwes-Universiteit Bronnelys Bosch, B. 1998. Die Afrikaans van Engelssprekende universiteitstudente: intertaalperspektiewe, Literator 19(2): 13-30. Davids, Achmat. 1993. Die Afrikaans van die Kaapse Moslems 1815-1915. ’n Sosiolinguistiese studie. Ongepubliseerde M.A.-verhandeling, Universiteit van Natal. De Graaff, Bart, Caeser Hulstaert & Corine de Maijer. 2015. Zeeuwen aan de Kaap, verhalen uit Zuid-Afrika. Vlissingen: Uitgever Den Boer. Den Besten, H. 1989. From Khoekhoe foreigner talk via Hottentot Dutch to Afrikaans: The creation of a novel grammar. In: Pütz, M. & R. Dirven (reds.). Wheels within wheels. Papers of the Duisburg symposium on pidgin and creole languages. Frankfurt am Main: Peter Lang. De Villiers, M. s.j. Nederlands en Afrikaans. Kaapstad: Nasou. Du Plessis, H. 1994. Taalkontakvariasie in Afrikaans. In: Olivier, G. & A. Coetzee (reds.). Nuwe perspektiewe op die geskiedenis van Afrikaans. Halfweghuis: Southern. Du Plessis, H. 1995. Taalverskeidenheid in Afrikaans as spieël van sy kontakgeskiedenis. In: Ester, H. (reds). Afrikaans in een veranderend context. Amsterdam: Suid-Afrikaanse Instituut. Du Plessis, H. 2001. Die ontwikkeling van die Afrikaanse variasietaalkunde. In: Carstens, Adelia & Heinrich Grebe (reds.). Taallandskap. Pretoria: Van Schaik. Du Plessis, H. 2013. Die Groot Trek 175: storie of historie. Tydskrif vir Geesteswetenskappe 53(3): 437–51. Giliomee, H. 2003. The Afrikaners, biography of a people. Kaapstad: Tafelberg Giliomee, G. & B. Mbenga. 2007. Nuwe geskiedenis van Suid-Afrika. Kaapstad: Tafelberg. Janda, R.D. & B.D. Joseph. 2003. On language, change, and language change – or, of history, linguistics, and historical linguistics. In: Joseph, B.D. & R.D. Janola (reds.). Handbook of historical linguistics. Oxford: Blackwell. Nienaber, G.S. 1963. Hottentots. Pretoria: J.L. van Schaik. Nienaber, G.S. 1994. Die ontstaan van Khoekhoen-Afrikaans. In: Olivier, G. & A. Coetzee (reds.). Nuwe perspektiewe op die geskiedenis van Afrikaans. Halfweghuis: Southern. Nobels, J. 2013. (Extra)Ordinary letters. A view from below on seventeenth-c...
Slot. Nadat dit vir ’n tyd lank wou voorkom of ons xxxx die bestaan misken van eenparige stilswyende bedinge wat op die werklike of oënskynlike wilsooreenstemming tussen die partye berus (sien my kritiek op die Seven Eleven-xxxx in “The unexpressed terms of a contract” 2006 Xxxxx XX 494), is die Stalwo- en Tolgaz-uitsprake verfrissend. Die xxxx herbevestig in hierdie twee uitsprake weereens die bestaan van ’n kategorie van versweë bedinge wat onontbeerlik vir die kontraktereg is. Die oorgrote meerderheid van kontrakte wat op ’n daaglikse basis gesluit word, berus inderdaad daarop dat die partye bloot deur gedrag stilswyend instem tot die essensiële bedinge wat xxx as eenparige stilswyende bedinge tesame met die toepaslike insidentele bedinge die grondslag van hulle kontrak vorm – dink maar net aan al die koopkontrakte wat op ’n daaglikse basis in xxxxxxx gesluit word. Die partye kom dikwels ooreen op die koopsaak, die koopprys en die oorgaan van eiendomsreg sonder dat hulle een enkele woord in hierdie verband teenoor mekaar uitdruk. In ander gevalle mag die koopsaak en/of die koopprys uitdruklik bespreek word, maar die partye swyg oor die oorgaan van eiendomsreg, hoewel die partye eensgesind is dat eiendomsreg xxx oorgaan op die uiteindelike koper. Die versweë gemeenskaplike bedoeling van die partye word xxx as eenparige stilswyende beding in die kontrak ingelees. Daarmee xxxx xxx die waarborg teen verborge gebreke en die waarborg teen uitwinning van regsweë as insidentele bedinge in die kontrak ingelees word, tensy die partye anders ooreengekom het. Dit is egter belangrik dat daar in gevalle xxxx hierdie ’n feitebevinding ten opsigte van die ware toedrag van sake gemaak word. Dit is nie nodig om op ’n regsfiksie 852 XXXXXXX xx steun en te vra “waarop sou die partye ooreengekom het” nie – die partye het inderdaad ooreengekom en daar moet uitvoering gegee word aan hulle werklike of oënskynlike eensgesindheid. XXXXX XXXXXXXXX Universiteit van Pretoria